’n Teelaarde vir korrupsie

2012-01-15 22:33

Dit sou seker redelik gewees het om te verwag dat nuwe raadslede wat in verlede jaar se plaaslike verkiesing ingestem is, daadwerklik sou probeer om dienste te verbeter nadat die ANC erge kritiek oor gebrekkige dienslewering verduur het.

Dit lyk egter of die ANC-politici niks geleer het nie. Die nuwe geslag raadslede kon nie wag om self op die soustrein te klim nie.

Dit is die gevolgtrekking waartoe gekom is in die tesourie se jongste verslag oor die geldelike posisie van Suid-Afrikaanse munisipaliteite.

Volgens die tesourie is politieke inmenging een van die vernaamste redes waarom 66 van die 262 Suid-Afrikaanse munisipaliteite in finansiële nood is en nog 37 op die randjie daarvan staan.

“Dit blyk duidelik uit koerantartikels dat party nuwe burgemeesters meer begaan is oor hul ‘ampsmotors’, verblyf en byvoordele as om hul gemeenskappe te dien,” lui die verslag.

Burgemeesters en rade neem volgens die tesourie besluite wat strydig is met goeie korporatiewe bestuur.

Die ander rede vir die benarde toestand is ’n gebrek aan finansiële bestuursvermoë.

Ná die verkiesing verlede jaar is hoë beloftes gemaak dat net kundige amptenare in poste aangestel sal word, maar volgens die tesourie se verslag het dit nie gebeur nie.

Nuwe politici het klaarblyklik selfs bekwame amptenare uitgewerk nadat hulle aangestel is. Waar die posbekleër korrup of onbekwaam is, het dit sin om hom te vervang, maar as dit gedoen word om ’n vertroueling of politieke bondgenoot aan te stel, ondermyn dit die doelwit om die amptenary te depolitiseer, lui die verslag.

Die gevolg is ’n gebrek aan finansiële bestuursvermoë. Swak finansiële stelsels skep ’n omgewing waarin korrupsie floreer.

Die tesourie se verslag is verdoemend. Die vraag is net hoe lank Suid-Afrikaanse kiesers nog met dié stand van sake tevrede gaan wees.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

Jurie sê... Jared, terwyl jou opinie 'n geldige een is, is dit nie eintlik waarom die hoofartikel gaan nie. Dit gaan daarom - soos die opskrif dit duidelik stel - dat die debat daaroor moet voortgaan. Die ANC probeer tegelyk die debat smoor, die kunswerk brandmerk as rassisties - want dis mos die toppunt van doodsondes - en boonop nog regsingryping tot sy voordeel manipuleer. En dit alles terwyl die hoofkwessie is dat ons in 'n demokrasie is, waar vryheid van uitdrukking 'n hoeksteen is. 'n Mens kan verskil of saamstem soos jy wil - jy kan Murray se werk brandmerk as "in vrot smaak" of "gepas en briljant" - maar dit gaan daarom dat Murray wetlik die reg het om Zuma so uit te beeld al dan nie, en dat daaroor debat gevoer kan word. DIT is die kruks van die saak. En dan, wanneer die reg om debat te voer herbevestig is, dan moet ons voortgaan om die debat rondom ons president (of ons nou daarvan hou of nie) se bedenklike (my opinie) morele waardes te voer. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.