Wie traak eintlik? Oor sê-goed se sinies en snaaks

2012-01-27 20:38

Geestelike waardes

Op pad na werk sien ek ’n T-hemp. Ask me if I care. Ek het aanhou lag tot in my kantoor – en glimlag stééds. Natuurlik is die sê-ding dubbelsinnig – maar ék hoor net die Garfield-variasie. En dit bly snaaks. Watter gawe het diégene tog wat sulke kwinkslae bedink, vir hemde, plakkers, baniere.

Só verstaan, is dit ’n siniese uitnooi tot ’n afjak. Wil jy kla, moeilik wees, skoor soek? Is jy beswaard en soek jy sukkel? Vra my ’n bietjie of ek omgee oor jou klagtes. Vra my of ek traak, enigiets voel. Kom, gee my ’n kans om jou iets te vertel. Waarskynlik verlang vele van ons soms na súlke hemde!

Wie weet, dalk was dit totaal ánders bedoel. Opreg. Dalk word dié hemde gedruk deur die selfmoord-noodlyn. Versprei deur ondersteuningsgroepe vir alkoholiste. Verkoop ten bate van vigs-bestryding. Deur die een of ander politieke jeugliga uitgedeel. Vra my of ek omgee, en die antwoord is natuurlik já, ek géé om, sommer báie. Dalk moes ek ook die rug kon sien om te weet dis eintlik van die regshulpkliniek, die studente se gemeenskapsdiens, die Tutu-teringsentrum, die dierebeskermers, wie ook al. Maar ek wonder darem.

Dan was dit tog nie snaaks nie? En sou minder mense dit tog wou dra? Om van studente nie te praat nie. Nee, dit laat my eerder dink aan Lauren Cooper, daardie astrante skoolmeisie-TV-karakter van destyds, geskep deur die skreeusnaakse Catherine Tate. Wanneer ook al net effe bedreig, sou sy oorslaan na aggressiewe self-verdediging met haar gevierde: “Do I look bovvered (vir bothered)? Am I bovvered? Look a’ my face. Does my face look bovvered?” En terwyl haar vinger na haar self wys, “Face? Bovvered? Me, bovvered?”

In 2006 is bovvered ingestem as woord van die jaar in Brittanje, en g’n wonder nie. Soos min ander verwoord dit ’n lewensgevoel van ons tyd. Ook van jongmense – studente, kinders, hele generasies (wat al dié houding by ons ouer geslag kon afkyk, ons kon dit net nie so gevat sê nie). Do I look bovvered? Ask me if I care!

Ek hoop wel die vriend langs die straat het darem ook nog ánder T-hemde, vir ánder dae? Juis met dié dubbelsinnigheid sal ’n mens tog beswaarlik só wil rondstap in – sê maar – ’n vlugtelingkamp (waar miljoene van ons wêreld, ook jongmense en kinders, daagliks hul lewe slyt)? So gesien wou word in enige township, die stadshospitaal, die plaaslike kliniek? Op plase in die middel van droogtes?

Trouens, wie sou graag geopereer wou word deur ’n dokter met só ’n hemp? By plaaslike owerhede met ’n amptenaar wat só ’n hemp dra oor jou klagtes wou praat? Onderhoude met ministers wou kyk met sulke spreuke op die bors? Spruite by ’n skool wou aflaai waar onderwysers só lyk? Moet hoor súlke veldwagters beskerm deesdae die renosters? Of is dit juis die punt wat sulke hemde wil maak? Vergeet dié stories van vlugtelinge, straatkinders, klinieke – en renosters. Us, bovvered? Ek en my vriende sal enige dag enige plek só lyk as ons wil, ask us if we care? – DJS

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

Jurie sê... Jared, terwyl jou opinie 'n geldige een is, is dit nie eintlik waarom die hoofartikel gaan nie. Dit gaan daarom - soos die opskrif dit duidelik stel - dat die debat daaroor moet voortgaan. Die ANC probeer tegelyk die debat smoor, die kunswerk brandmerk as rassisties - want dis mos die toppunt van doodsondes - en boonop nog regsingryping tot sy voordeel manipuleer. En dit alles terwyl die hoofkwessie is dat ons in 'n demokrasie is, waar vryheid van uitdrukking 'n hoeksteen is. 'n Mens kan verskil of saamstem soos jy wil - jy kan Murray se werk brandmerk as "in vrot smaak" of "gepas en briljant" - maar dit gaan daarom dat Murray wetlik die reg het om Zuma so uit te beeld al dan nie, en dat daaroor debat gevoer kan word. DIT is die kruks van die saak. En dan, wanneer die reg om debat te voer herbevestig is, dan moet ons voortgaan om die debat rondom ons president (of ons nou daarvan hou of nie) se bedenklike (my opinie) morele waardes te voer. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Reporting Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.