Wat van die ander lakse provinsies?

2012-01-24 04:55

Om die volhoubare bestuur van Limpopo se regering te verseker is dit goed dat die nasionale regering hom daar laat geld en die snylem inlê. Die tydsberekening (so vlak voor Mangaung 2012), asook die drastiese aard van die ingryping, laat mens egter met vrae oor die regering se motiewe.

Hoekom nou? Limpopo se geldsake gaan immers sedert 2009 erg die kreeftegang.

Boonop het die media ook die afgelope vier jaar sonder ophou berig oor beweerde korrupsie met staatstenders, asook die bestaan van ’n mafia wat die staatskoffers in die provinsie plunder.

Ondanks al dié gevaartekens het die regering toegelaat dat dinge so versleg dat die bestuur van die provinsie byna tot stilstand geknars het.

Mense kan dus nie verkwalik word as hulle wonder of daar bymotiewe is nie. Om die inwoners se onthalwe wil mens egter hoop dat dit nie die geval is nie. As daar ander motiewe is, gaan die regruk-proses beslis nie met die gewenste spoed, dringendheid en deeglikheid geskied nie.

En die gewone mense daar het al soveel gely.

Nou lyk dit boonop of inwoners nog meer gaan ly weens die onbevoegdheid van die provinsie se leiers.

As oplossing vir die geldelike penarie waarin die provinsie hom bevind, maak mnr. Cassel Mathale, premier, die absurde voorstel dat die provinsie minder huise en skole moet bou as wat hy nodig het om dakloses te huisves en ’n beter toekoms vir sy leerlinge te verseker.

Die ander vraag wat bly knaag, is waarom die regering nie met dieselfde felheid in ander provinsies ingegryp het nie.

Dat die ouditeur-generaal verlede week gesê het provinsiale departemente het in die 2010-’11-boekjaar onreëlmatige uitgawes van R16,2 miljard aangegaan en R850 miljoen verkwis, is genoeg rede om die regering se ystervuis ook in ander provinsies te bal.

’n Provinsie soos die Oos-Kaap was byvoorbeeld nog nooit juis die toonbeeld van goeie en eerlike geldbestuur nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Hoofartikels-kommentaar

Jurie sê... Jared, terwyl jou opinie 'n geldige een is, is dit nie eintlik waarom die hoofartikel gaan nie. Dit gaan daarom - soos die opskrif dit duidelik stel - dat die debat daaroor moet voortgaan. Die ANC probeer tegelyk die debat smoor, die kunswerk brandmerk as rassisties - want dis mos die toppunt van doodsondes - en boonop nog regsingryping tot sy voordeel manipuleer. En dit alles terwyl die hoofkwessie is dat ons in 'n demokrasie is, waar vryheid van uitdrukking 'n hoeksteen is. 'n Mens kan verskil of saamstem soos jy wil - jy kan Murray se werk brandmerk as "in vrot smaak" of "gepas en briljant" - maar dit gaan daarom dat Murray wetlik die reg het om Zuma so uit te beeld al dan nie, en dat daaroor debat gevoer kan word. DIT is die kruks van die saak. En dan, wanneer die reg om debat te voer herbevestig is, dan moet ons voortgaan om die debat rondom ons president (of ons nou daarvan hou of nie) se bedenklike (my opinie) morele waardes te voer. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.