Veel hang af van die stories wat ons vertel

2012-01-07 02:43

 Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Richard Niebuhr ’n stuk oor “The story of our life” geskryf wat verreikende gevolge sou hê. Dit het as The Meaning of Revelation verskyn, maar dis veral dié storie – oor stories se rol in ons lewe – wat vele nuut laat dink het. Sy punt is bedrieglik eenvoudig: Die vraag wie ons is, kan net beantwoord word deur stories te vertel, die storie van ons lewe. Maar dié kan op vele maniere vertel word – en presies dít is sy eenvoudige, dog ingrypende punt.

Ons storie kan van buite vertel word, soos historici probeer, as waarnemers, buitestanders, met datums, voorvalle, moontlike verbande. Maar ook van binne, deur onsself, soos ons dit belewe het, dit onthou, met al die gevoelens, die blydskap en teleurstelling, vreugde en vrese, soos wat dit vir ons was – en dalk steeds is.

Sy punt is dat die een soort storie nie (altyd, in beginsel) meer akkuraat, betroubaar en waar is as die ander nie. Daar is altyd net albei soorte, saam, almal (dalk) betekenisvol, nodig, waar, elk op sy eie manier. Hy illustreer dit met twee beskrywings van een historiese moment, die Verklaring van Onafhanklikheid deur die Amerikaanse Kongres in 1776.

Die gevierde Gettysburg-toespraak sê: “Four-score and seven years ago our fathers brought forth upon this continent a new nation, conceived in liberty and dedicated to the proposition that all men are created free and equal.” Só onthou Lincoln dit. Ontroerende taal vir ’n geweldige oomblik – van binne, vanuit die herinneringe en drome van vlees-en-bloed mense.

Dié gebeure kan egter ook anders onthou word. Die Cambridge Modern History sê die uitspraak (alle mense is vry en gelyk geskape) is só vaag en niksseggend dat dit sonder verdere verklaring g’n praktiese nut het nie.

Een oomblik, vele stories. Een geskiedenis, maar uiteenlopende weergawes. So is dit altyd, van ons intieme verhoudinge tot beslissende historiese oomblikke. Ons ken almal dié pynlike ervaring. Dis jou kant van die storie, sê ons, en bedoel dit kan ook anders vertel word, dis nog nie die volle verhaal nie.

Sy boek rus op drie oortuigings, sê Niebuhr. Self-verdediging is die algemeenste oorsaak van dwaling – dis die eerste. Die diepste rede agter boosheid en ellende is dat ons wat relatief is (net een perspektief) absoluut wil maak (die enigste perspektief) – die tweede. Die lewe vra dat ons altyd weer bereid sal wees tot bekering – die derde. As ons net kon sien dat dié drie eintlik een is, kan die storie van ons lewe dalk ook verander. As ons kon leer waak teen ons ewige neiging tot self-regverdiging. Kon ophou om net ons eie storie te wil glo. Kon leer om te probeer luister.

Die Switser Dietrich Ritschl, wat dié gedagtes uitwerk in terapie, sê ons het slegs diegene lief met wie ons bereid is om ons stories te deel en in wie se stories ons bereid is om te deel. Ook ander is immers hul stories, nes onsself. Liefde is om hulle met stories en al te probeer verstaan – hoe moeilik ook al. – DJS
Geestelike Waardes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.