Talle vrae hang oor Nzimande se groenskrif

2012-01-24 20:10

Twee weke lank prut die regering se groenskrif van 84 bladsye oor die toekoms van naskoolse onderwys nou al, wat genoeg tydsverloop is om dit in oënskou te neem.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, moet gekomplimenteer word omdat oorkoepelende beleid vir die tersiêre onderwyssektor opgestel word. Dis nodig. Rolspelers het genoeg tyd om tot 30 April te reageer en hopelik word bydraes in ag geneem.

Die doelwit om die nasionale deel­namesyfer aan naskoolse onderrig teen 2030 op te stoot van die huidige 16% tot 23%, is ’n noodsaaklike, maar moeilik bereikbare ideaal omdat dit gedoen moet word sonder om die peil van opleiding te laat daal.

Dit is juis Nzimande se klem op die behoud van gehalte beïndruk, tesame met sy klem daarop dat nie alle suksesvolle matrikulante universiteit toe hoef te gaan nie. Begrip van die ekonomiese nut van tegniese en vaardigheidsopleiding sal tragedies soos die vertrapping by die Universiteit van Johannesburg help voorkom.

Vier kernvrae bly egter huiwer ná die bestudering van die dokument. Eerstens, word tersiêre onderwys beskou as ’n reg, soos die verpligte deel van skool­onderrig? Die groenskrif is vaag hieroor en die antwoord het groot implikasies, veral geldelik en logisties.

Tweedens lyk dit nie of die gevare van massifikasie verreken is nie. Sukses in onderwys word nie in hoofsaak gemeet aan die getal suksesvolle kandidate nie, maar aan die peil van die suksesvolle kandidate.

Die klem moenie verkeerd val nie.

Derdens: Gaan die beleid deur regulasies of wetgewing afgedwing word?

Dis noodsaaklik dat dit deur wetgewing, waar bydraes voortdurend gelewer kan word, gedoen word eerder as dat die minister die finale arbiter word.

Vierdens: Is die koste van die beleid verreken? Beleid kan net ernstig opgeneem word as dit bekostigbaar is.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Project Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.