Regering moet dié boodskap duidelik hoor

2012-02-01 03:58

Dit sal pres. Jacob Zuma en sy regering betaam om die boodskap ter harte te neem dat die howe toegelaat moet word om hul werk ingevolge die Grondwet sonder vrees te doen.

Maar as die kritiese uitlatings van sommige ministers en Zuma oor die land se howe in ag geneem word, is dié onlangse boodskap van oudhoofregter Arthur Chaskalson waarskynlik nie een wat hulle graag wil hoor nie.

Zuma-hulle suggereer telkens dat God by was toe die ANC gestig is en dat die party tot die wederkoms sal regeer. Die subteks is duidelik: die ANC-in-regering sal doen wat hy wil en wee enig­iemand, die land se hoogste howe inkluis, wat ’n stokkie daarvoor wil steek.

Ja, soos Chaskalson in ’n onlangse toespraak uitgewys het, is Zuma reg as hy sê dit is die regering se taak om beleid te bepaal. Maar Chaskalson wys tereg daarop dat dit net die helfte van die prentjie is.

Die land se Grondwet, waarmee die ANC dikwels spog as dit hom pas, vereis egter ook van regters om die Grondwet en die verskanste menseregte daarin te beskerm en te bewaar en om sonder vrees reg ingevolge die Grondwet te laat geskied.

Dit is duidelik dat die regbank, met die konstitusionele hof as die hoogste gesag, aangestel is as hoeder van die Grondwet. Dit is ’n taak wat hom in konflik met die regering sal bring (en inderdaad reeds gebring het) indien laasgenoemde beleid aanvaar wat Grondwetlike beginsels geweld aandoen.

Daarom is dit ’n polities verdagte strategie om die regbank as ongetransformeer uit te kryt wanneer hy die wêreld vir die regering moeilik maak. Die feite is dat sowat 60% van alle regters vandag swart is en die oorgrote meerderheid van alle regters ná apartheid aangestel is.

Die regering moet dus ophou om die regbank verdag te probeer maak, en hom eerder daarop toespits om te sorg dat sy eie optrede binne grondwetlike voorskrifte val. En die howe moet sonder aansien des persoons toesien dat dit wel gebeur.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.