Krieket SA moet sy sake in orde kry

2012-01-19 20:30

Die getuienis wat na vore kom in die Nicholson-kommissie na die geldsake van Krieket Suid-Afrika (KSA) sal aanhangers van die spel dwars in die krop steek. By diegene is onkreukbare bestuur deur die administrateurs van ’n professionele sport ’n geldige verwagting.

Prof. Mervyn King, voorsitter van die komitee wat die King III-verslag oor goeie korporatiewe beheer opgestel het, het onlangs gewys op die belangrikheid van deursigtigheid en ’n goeie korporatiewe reputasie. Dit geld des te meer ’n sportliggaam wat talent en borgskappe bestuur.

’n Reukie het om die geldsake van KSA gaan hang toe rolspelers in 2009 gevra het om die kontrak te sien wat gesluit is vir die aanbieding van die Indiese Premierliga-toernooi (IPL).

Mnr. Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, het bonusse van R1,8 miljoen ontvang wat onder meer uit die toernooi gespruit het.

Majola het die bonusse nie verklaar nie en dit het gelei tot die ondersoek.

Die getuienis wat nou voor regter Chris Nicholson dien, laat ’n bitter smaak in die mond van lojale krieketondersteuners.

Die spel wat die botoon voer in die raadsale van KSA is blykbaar nié krieket nie, maar ’n politieke magspel waarvan die einddoel selfverryking is.

Dit is beswaarlik moontlik om te verwag krieketspanne moet transformeer, ontwikkel en presteer as die administratiewe liggaam wat leiding moet verskaf in soveel chaos en verdeeldheid gedompel is.

Die spel sit reeds internasionaal met die skandvlek van oneerlikheid weens voorvalle van wedstrydknoeiery.

Dié reputasie word nou verder geskaad deur dit wat in die Nicholson-kommissie onthul word.

Dit maak toeskouers kriewelrig en skrik borge af. Op die ou end is dit die spel wat daaronder ly.

KSA se sake moet nóú in orde gekry word, hoe pynlik dit ook al is.

Krieket was nog altyd ’n spel vir gentlemen. Dit hoort nie in die hande van korporatiewe geldwolwe nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.