Gebruik dieweermag net in nood

2012-01-26 19:38

Dis nie om dowe neute dat daar in die Grondwet streng voorskrifte is vir die aanwending van die weermag nie.

Oor die wêreld heen, en baie dikwels in Afrika, is daar staatshoofde of klein groepe wat ’n weermag misbruik om aan die bewind te bly of burgerlikes te terroriseer.

Toe Suid-Afrika se Grondwet geskryf is, was die wyse waarop die vorige bedeling die weermag misbruik het nog vars in die geheue.

Onder wyle oudpres. P.W. Botha het Suid-Afrikaners net een oggend wakker geword en gehoor hul seuns veg duisende kilometer hiervandaan aan die buitewyke van Luanda in Angola. Hy het die weermag ook in townships teen ander Suid-Afrikaners gebruik.

Daarom is dit onvergeeflik dat pres. Jacob Zuma en sy generaals die weermag skynbaar op ’n ongeërgde manier gebruik sonder om aan die voorskrifte van die Grondwet te voldoen.

Zuma het die weermag verlede jaar drie keer ontplooi sonder om die parlement betyds daaroor in te lig. In twee van die gevalle – oor die feestyd en met COP17 – is die weermag gebruik om die polisie by te staan.

In beginsel mag die weermag die polisie bystaan, maar dan móét Zuma die korrekte proses volg.

In albei die gevalle het Zuma die parlement eers weke nadat die ontplooiing begin is per brief daarvan ingelig.

Zuma is verplig om die parlement onverwyld in te lig en wanneer die parlement nie sit nie, die verantwoordelike komitee binne sewe dae.

Dit is nie ’n klein oortreding of ’n ligte mistykie nie. Dit druis teen die grein van ’n grondwetlike demokrasie in.

Boonop moet dit net in uitsonderlike gevalle gebeur. Die polisie word opgelei om die minimum geweld te gebruik, terwyl die weermag maksimum geweld gebruik.

Ondeurdagte gebruik van die weermag onder burgerlikes kan maklik ’n resep vir ’n ramp wees.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.