Dink krities oor poste vir ANC-kaders

2012-01-13 00:00

Dit is algemene praktyk van politici om knus werkies vir hul beste vriende uit te soek.

Die ANC het kaderontplooiing dus nie uitgedink nie, maar die ondeurdagte en oordadige beoefening van dié praktyk is een van die kernredes waarom dié party al 18 jaar sukkel om van bevrydingsbeweging tot regerende party te transformeer.

Mnr. Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het op die party se eeufeesviering gesê die ANC moet herbesin oor kaderontplooiing, want dit raak ’n probleem “as mense ontplooi word wat die werk nie kan doen nie”.

Kritici sing dié deuntjie al jare lank.

Dit is dus positief as partylede self tot dié slotsom kom deur die introspeksie wat ’n eeufeesviering bied. Pres. Jacob Zuma is immers een van die voorste ploeteraars met sy persoonlike geskiedenis van kaderontplooiing.

Twee van die beste voorbeelde hiervan is Zuma se dubbele kleitrappery met die aanstelling van mnr. Bheki Cele as nasionale polisiehoof en adv. Menzi Simelane as hoof van die nasionale vervolgingsgesag. Beide is poste waar ervaring en kundigheid die deurslag moes gee, eerder as politieke verbintenisse. In albei gevalle het die land die prys betaal.

Die baantjies-vir-boeties-benadering tot aanstellings verswak dienslewering, en dit word ook op plaaslike regeringsvlak geïllustreer. Munisipaliteite se uitgawes aan motors en duur partytjies neem amper proporsioneel toe tot die agteruitgang van basiese dienste soos vullisverwydering.

Op ’n sekondêre vlak dra regstellende aksie verder by tot die probleem. Ofskoon daar niks fout is met die beginsel nie, dra die wyse waarop regstellende aksie toegepas word by tot die probleem. Poste moet byvoorbeeld nie vakant gelaat word omdat ’n regstellende kandidaat nie beskikbaar is nie.

Gigaba het met sy opmerkings hopelik ’n nasionale debat oor dié kwessie begin waarvan die uitkoms oordeelkundiger aanstellings behoort te wees wat tot beter dienslewering sal lei.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.