Die ironie van Lagarde se bedelbakkie

2012-01-12 00:00

Me. Christine Lagarde, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, het die afgelope naweek tydens haar besoek aan Suid-Afrika nie verniet beklemtoon hoe belangrik die eurogebied as een van Suid-Afrika se belangrikste uitvoermarkte is nie.

So tussen die lyne moet ‘n mens lees die IMF-hoof wil graag hê Suid-Afrika moet ’n bydrae maak tot die IMF se reddingsfonds om Europa uit sy staatskuldkrisis te help red.

Haar besoek kan beskou word as ’n opvolg op die vergadering van finansministers in September verlede jaar tydens die Wêreldbank en IMF se jaarvergaderings in Washington, wat deur mnr. Pravin Gordhan gelei is. Gordhan het ná daardie vergadering reeds laat blyk dat Suid-Afrika nie juis ’n keuse sal hê as om ook by te dra tot so ’n reddingspakket vir Europa nie.

In daardie stadium het Gordhan gemeen die land se bydrae sal ’n paar honderd miljoen dollar wees. Dis nie kleingeld vir ’n land wat self miljarde moet leen om Eskom te help die ligte aan die brand te hou of Transnet se infrastruktuur uit te brei nie.

Lagarde meen probleme in die eurogebied hou ’n beduidende bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte in.

Sy het Suid-Afrika heuning om die mond gesmeer deur die land as leier in die G20-groepering van opkomende ekonomieë te bestempel.

Dis waar dat ’n Europese resessie vernietigende gevolge vir Suid-Afrika kan inhou. Die eurogebied is steeds Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. Die toerismebedryf steun swaar op die ponde en euro’s wat die Britte, Duitsers, Nederlanders en Franse hier kom uitgee. Hoewel uitvoerders markte in Asië ontwikkel, kan die gaping van Europese kopers nie oornag gevul word nie. Daarom het Suid-Afrika ’n verantwoordelikheid as internasionale burger om te help keer dat die euro-gebied ondergaan. Dis net so ironies dat gevestigde nywerheidsekonomieë wat van beter behoort te weet, hulself weens gulsigheid en oorbesteding in ’n penarie laat beland het waaruit hul eertydse kolo­niale onderdane hulle nou moet help.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.