Die goeies in die ANC moet nou opstaan

2012-01-08 20:16

Die viering van die ANC se eeufees is ’n historiese mylpaal waarmee die party gelukgewens moet word.

Dat ons vandag ’n grondwetlike demokrasie het, waarin alle rasse stemreg het, is ’n nalatenskap waarvoor die ANC in geen geringe mate lof verdien. Uiteraard was daar ander rolspelers en ander faktore betrokke by die struggle en die uiteindelike vreedsame oorgang, maar niemand kan ontken dat die ANC, en sy leiers soos mnr. Nelson Mandela, ’n groot rol gespeel het.

Wandade was daar wel, ook gedurende die bevrydingstryd. Wat die ANC se heerskappy sedert 1994 betref was daar ook talle laagtepunte, insluitend pres. Thabo Mbeki se benadering tot MIV/vigs, stille diplomasie jeens Zimbabwe, en die wapenskandaal wat tot vandag toe by die ANC spook.

Enige eeufeesviering moet ruimte laat om die positiewe en die negatiewe in die kollig te plaas sodat daar tot ’n realistiese beskouing gekom kan word oor wat die toekoms moet inhou. Dit is in hierdie opsig dat dit lyk asof die ANC-eeufeesviering, waarop miljoene rande uitgegee word, daarop afstuur om ’n verlore geleentheid te word.

Die oomblik is met groot prag en praal in Bloemfontein gevier. Wat egter grootliks misgekyk is, is die gevaarlike tekens dat die regerende party sonder veel morele wroeging die einste waardes waarvoor hy eens gestaan het, vertrap.

In talle opsigte is die Grondwet die sluitstuk van die bevrydingstryd, die dokument wat die ideaal verteenwoordig dat een groep mense nooit weer ’n ander groep mag verdruk nie. Tog is talle van die waardes in dié dokument, wat die grondslag van ’n gelykheidsamelewing vorm, vandag onder druk. Spraakvryheid, die onafhanklikheid van die regbank, eiendomsreg en selfs nie-rassigheid is maar enkele waardes wat in die spervuur is.

Vandag, net soos 100 jaar gelede, is daar goeie mense in die ANC. Die groot vraag is egter wat dit gaan verg voor hierdie goeie mense bereid is om na vore te tree, en die kommerwekkende tendense in eie geledere by die naam te noem sodat iets daaromtrent gedoen kan word. Dít sal die grootste geskenk wees wat enigiemand die party kan gee.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Internal Auditor

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R500000

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.