2012-01-24 04:55
Om die volhoubare bestuur van Limpopo se regering te verseker is dit goed dat die nasionale regering hom daar laat geld en die snylem inlê.
2012-01-20 20:53
In ons tyd maak dit saak wat ander van ons dink en sê. Ons soek erkenning, respek, agting. Dis ’n tyd van Status Anxiety, sê Alain de Botton in sy topverkoper met dié titel.
2012-01-18 20:44
Dit is verstaanbaar waarom die ouditeur-generaal se jongste verslag oor staatsdepartemente se geldsake so ’n koor van protes ontlok het.
2012-01-16 23:04
In sy toespraak voor die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het pres. Jacob Zuma verlede week ’n paar prikkelende punte gemaak.
2012-01-13 00:00
Dit is algemene praktyk van politici om knus werkies vir hul beste vriende uit te soek. Die ANC het kaderontplooiing dus nie uitgedink nie, maar die ondeurdagte en oordadige beoefening van dié praktyk is een van die kernredes waarom dié party al 18 jaar sukkel om van bevrydingsbeweging tot regerende party te transformeer.
2012-01-11 03:00
Die dreigende konflik in die Straat van Hormoes – die deurgang van die Persiese Golf na die Indiese Oseaan – is een van daardie sake wat maklik handuit kan ruk as dit nie versigtig bestuur word nie.
2012-01-08 20:16
Die viering van die ANC se eeufees is ’n historiese mylpaal waarmee die party gelukgewens moet word.