’n Venster op die Weskus

2011-11-04 23:54

Die son sak oor Verlorenvlei.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die rou Weskus word ontbloot op pad Elandsbaai toe, met net soveel gate in die pad as wat daar skilpaaie is om voor uit te swaai. Maar dis ver verwyderd van enigiets onnatuurlik of opgesmuk: eeue oue klipformasies; die vlei; die strand wat heel jaar branderplankryers lok; die stories van Ma Baker agter die hotelkroeg tot die sjef uit Transkei wat later by die Vensterklip-gasteplaas ’n bord kos voor jou neersit.

“Want dié plek is die naaste aan die huis wat ek in die Kaap gaan kom,” vertel hy.

Die son verdwyn net-net agter die kranse toe Verlorenvlei tussen die riete deur sigbaar word. Alles is stil, maar die watervoëls lawaai nog onder die laaste bietjie son. Motors met branderplanke op die dak swiep om die draaie verby.

Volgens die plaaslike mense is streng bewaringsriglyne nodig om die vleiland te beskerm. Behalwe die ryk voël- en plantelewe, is dit ook ’n unieke stuk natuurlike erfenis. Argeologiese navorsing deur die departement van argeologie aan die Universiteit van Kaapstad het die laaste 25 jaar glo 300 gebiede van verskillende ouderdomme geïdentifiseer. Dit dui daarop dat mense al langer as 100 000 jaar hier woon.

Van die tradisionele Sandveld-langhuise uit die 1700’s staan nog op die oewers, gerestoureer as private wegbreekplekkies. (’n Langhuis is ’n huis met een lang vertrek en toegang vanaf die voorstoep, waar die vee in die een helfte van die huis gebly het en die mense aan die ander kant.)

Verlorenvlei is ook een van die belangrikste riviermondstelsels in die Wes-Kaap en een van die grootste natuurlike vleilande aan die Weskus, gereken as een van die tien belangrikste vleilande vir waadvoëls in die Suidwes-Kaap, met alles van visarende, pelikane en flaminke tot ganse op die meer. Dit is een van die min varswatermere aan die Suid-Afrikaanse kus.

Hier pak ons af

Net anderkant die Verlorenvleibrug draai jy regs na Vensterklip. Bedags blink die groot blikborde waarmee die naam van hul restaurant, Tin Kitchen, uitgespel is. Maar met geen straatligte nie is alles hier vroegaand pikswart.
“Ek het julle verwag,” groet ’n skraal man toe ons uiteindelik opdaag.

Malvern Mukumba loer oor sy swartraambril:

“Sien julle die lig wat daar bo op die heuwel brand? Dís waar julle slaap. The Pumpstation.”

Die huis is ruim met ’n groot vuurherd, diep rusbanke, ’n toegeruste selfhelpkombuis, ’n groot slaapkamer, badkamer en ’n stoep. Bokant die bed hang ’n muskietnet aan ’n houtbalk en die elektriese bedlampe is aan ou olielampies vasgemaak. Toe ons gewoond is aan die donker, stap ons terug restaurant toe, met die sterre wat die pad ophelder.

Blik-kombuis

Die Tin Kitchen en kroeg is deel van ’n 300 jaar oue klipskuur, met ’n aardse gevoel vir die reisiger wat op soek is na iets ongewoons.

Die mure is bloot gelaat, met slegs ’n paar kandelare en spieëls. Rusbanke vorm ’n knus hoekie voor die vuur, met houttafels waar tot 40 mense kan eet. Die pizzas alleen is die besoek werd – ’n dun, bros kors gestapel met produkte uit hul eie groentetuin. En vriendelike diens daarby.

Op ander dae is die restaurant oop vir maaltye soos steak en tjips. Hulle gebruik ook hul eie organiese vleis van die plaas af waarvoor die sjef en slagter Linda Koli sorg.

Aan die Weskus is daar in die seisoen mos altyd die luukse van ’n kreef. Die hartlike sjef Koli is gewaarborg om jou te beïndruk.

Die volgende oggend kan jy ’n lang koppie koffie op die Pumphouse-stoep drink om die uitsig oor die vlei in te neem voordat jy by die Tin Kitchen vir sjef Koli se stewige ontbyt gaan aansit. Op pad terug kan jy die perde, plaashoenders en varke gaan bekyk om die gevoel van ’n regte werkende plaas te kry.

Daarná is die dag joune. Neem ’n kano en vaar op die vlei uit om voëls te kyk of ry met perde langs die oewer af. Vra ook by die Vensterklip-kantoor oor joga-sessies wat aangebied word, spesiaal vir branderplankryers om spiere en balans te versterk.

Die ware vensterklip


Die plaas is genoem na die klipformasie sowat 8 km daarvandaan wat soos ’n natuurlike venster gevorm is.

Die sanderige pad wat uit die hoofpad draai, is net vir viertrekvoertuie toeganklik en ’n gewone motor moet maar styf langs die pad stilhou.

Jy stap tot heel bo om die eindelose landskap en die rotstekeninge te bewonder. Dit is ’n goeie 3 km se stap tot bo, in diep sand onder ’n looiende son, maar dit is die oefening werd.

Daarna gaan maak ons ’n draai by die opelug-restaurant Muisbosskerm naby Lambertsbaai. Dié re­stau­rant bestaan al 25 jaar, afgeskort met muisbos soos waarmee die oumense van toeka hul kookskerms gebou het. Maar laat die seekos-en-brediefees hier ’n volgende storie wees.

Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.



 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.