Orrelmusiek, pienk port in Calitzdorp

2011-11-04 23:54

Die natuurskoon van die Klein-Karoo en die kenmerkende Karoostylhuise wil mens sommer laat plaas koop.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Een koue aand om die kaggel kuier ons oor ’n soetetjie van Calitzdorp. Vriende vertel ons van Noel-Jean Creil, wat elke aand die orrel daar in die NG kerk speel vir almal om te hoor. Dit klink soos ’n stadslegende en ons besluit om self te gaan ondersoek instel: ’n Dorp met sulke sonderlinge gebruike klink na die plek om te ontgin.

Die rit uit die Kaap soontoe is klaar rede genoeg om die Klein-Karoo te ontgin. Ons val donker in die pad, met koffieflesse, toebroodjies en gekookte eiers soos in my kinderdae, en sien later hoe die dag in pienk, blou en oranje oor die vlaktes breek.

Ons stap vroegoggend by die toerismeburo in om uit te vind wat ons alles op die dorp kan doen. My oog vang ’n aanhaling van Plutarchus teen die muur: “The whole ­life of man is but a point in time, let us enjoy it.” Ek besluit net daar om dit as een my kosbare lewenswyshede te bêre. Met die uitloopslag stap ons vas in Abraham May van Calitzdorp-hersteldienste, reg langs die toerismekantoor, wat vriendelik sy hoedjie lig en groet en onmiddellik voel jy tuis in die hartjie van die Karoo.

Die orrel-storie is toe waar, hoor ons by ’n local oor ’n koppie moerkoffie. Noel-Jean speel elke aand 18:00 op die Potgieter-gedenkpyp-orrel en dis gratis, hoewel ’n paar sente altyd verwelkom word.

Die orrel het 1495 pype en is in 1947 geëlektrifiseer. Die orrel is in 1912 deur drie Potgieterbroers teen ’n koste van £2 400 gekoop en aan die kerk geskenk. Nogal ’n aardige bedraggie as mens in ag neem die hele kerk het £12 000 gekos.

PROE PIENK PORT

Ons ry later by Boets Nel van De Krans aan. Boets en sy neef Carel Nel van Boplaas is twee van die portkampioene van Suid-Afrika. Hulle het aan dié drankie ’n hoë status gegee met al die harde werk en bekronings wat hulle al gekry het. De Krans het onder meer vyf sterre in die Platter-gids gekry.

Porte van ander wen-produsente soos Axe Hill, Boplaas, Calitzdorp Wynkelder, Du’SwaRoo, Peter Bayly, TTT Cellars en Withoek is ook geproe.

Ons vra so ’n bietjie uit oor die geskiedenis van port en die naamsverandering. Jy mag nie meer die Suid-Afrikaanse produk “port” mag noem nie, net soos jy nie meer vonkelwyn sjampanje mag noem nie, tensy dit in die Champagne-streek van Frankryk gemaak is. “Ja, van Januarie aanstaande jaar mag ons nie die naam port op nuwe etikette gebruik nie.

“Daarom het ons as produseerders besluit op Cape Ruby, Cape Tawny en Cape Vintage,” vertel Boets, terwyl hy sy glasie Cape Vintage Reserve Port 2007 skommel-draai en behaaglik in sy mond rol voordat dit warm in sy maag ingly.

Een van die ander besoekers op die plaas vra iets oor sjerrie en Boets se oë vonkel toe hy antwoord: “Jong, hier op Calitzdorp word ons nie toegelaat om enigiets anders as port te drink nie, so ons kennis van sjerrie en so meer is maar skraps!” Ons proe die pienk port, wat in die styl van ander port gemaak word, maar ietwat meer om die lyf het om jonger mense gaande oor port te kry.

Die dorp se tweejaarlikse port-en-wynfees het so gewild geword dat die feeskomitee besluit het om dit aanstaande jaar weer te hou, vertel die voorsitter van die feeskomitee, Nita Bailey, ons later, toe ons haar ontmoet by Coffee@Die Handelshuis.

TYD VIR RUS


Ons koop flessies konfyt en ingelegde vrugte vir huis toe neem, terwyl ons suiglekkers uit bruinpapiersakkies suig. Dan kies ons koers na die Soeterus-gasteplaas, waar ons net buite die dorp tuisgaan. Dit word ure van rus, stap op die plaas, lees en kuier.

Retief van der Walt kook saans uit die boeke uit. Saterdag loer ons in by Ebenharts, die land se enigste pypmaker, om vir my skoonpa ’n mooi handgemaakte pyp te koop. Dis nie sommer net vir koop nie – elke handgemaakte pyp word spesifiek vir sy eienaar gemaak en ons voel en ruik aan die hout, maar besluit om niks te koop nie – te bang om as nie-rokers ’n fout te maak.

Ons stap laatmiddag deur die dorp se Koninginstraat, waar Kaapse Georgiaanse huise sy aan sy staan met Karoo-dorpshuisies en Palladio-ontwerpe, voordat ons met die lanternverligte paadjie opstap kerk toe om na die magiese orrel-uitvoering te gaan luister.

Teen sononder sit ons ewe kordaat in die kerk in gewyde stilte en wag vir die musiek om ons harte te vul.

Gesels saam op Facebook en volg Beeld op Twitter.



 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.