Oor bolwange en omgedopte ooglede

2011-11-18 22:32

Marthinus en toue het tot 15 November die bakkies en manne op die strand gehou.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mense skinder en praat: “Gaan Marthinus nou weer vanjaar sy kortbroek op ’n krul trek?”

“Gaan die seisoen oopmaak? Wanneer, waar en deur wie mag wat uitgehaal word?”

“Gaan die sportduikers kan sportduik en die bestaansvissers kan bestaan?”

Hierdie is groot politiek, Paternoster-politiek.

Nou die dag nog stop ek rustig by die eerste stop soos jy inkom met die Oep vi Koep- winkel aan my linkerkant toe ’n man so ’n grote met bolwange amper regdeur die arme ou Mercedes se ruit druk. “Kriieeeef,” trompetter hy so hard dat ek sommer skuldig lyk.

Ek hoor sommer helikopters en sirenes. Pieter Pieterse se woorde flits deur my kop: “Lewenslank en drie weke, my ou maat, dis wat jy kry. Dan vat hulle jou kar ook nog, jou broek, jou onderbroek, jou vrou, jou kinders en daardie krief-spietkop wat jou gaan opsluit gooi daardie sleutel so ver weg dat niemand hom ooit sal kry nie. Sny jou hare en toonnaels en allerhande ander goed wat hulle kan bykom ook sommer stomp af en dop jou ooglede ook om.” Lyk nie of die manne Pieter se boeke gelees het nie.

Reeds in 1902 het die kreefbedryf in die Weskus op sy ekonomiese voete begin staan, maar waar geld betrokke is, sal broedertwis kop uitsteek. Die koek raak kleiner en almal wil ’n stukkie hê. Daar is al hoe meer reëls en regulasies, beheerliggame, organisasies, kwotas en konsternasies.

Hy kan geduik word of met ’n net getrek word solank jy ’n permit het en die seisoen amptelik oop is en dit ’n wettige duikdag is. Dan is daar ’n perk op maat en getal en sagte dop en wyfies en berries (eiers) en net tussen agt in die oggend en vyf in die middag, of is dit nou vieruur?

Al die reëls, ten goede of ten kwade? Hieroor word gedebatteer, of dit nou om die braaivleisvuur is of op die straathoeke of in die Panty-bar van oom Johan Carosini se Paternoster-hotel, almal praat dié tyd van die jaar in Paternoster kreef.

Sou jy na huidige pryse kyk, wettig of deur straatmakelaars bepaal, kan jy nie glo dat rooigoud in die 1800’s as ’n pes beskou en as bemesting gebruik is nie.

Wettig tot R200 per kg of so R50 per kreef sou jy vandag dalk die kans waag op straat. Onthou maar net altyd die omgedopte ooglede as die lus jou nou regtig aan die bewe sit. Maar ’n man kan mos maar ’n bietjie vroeër die gate by Tietiesbaai gaan uitkyk en so ’n bietjie watertrap in die nostalgie of droom oor die grotes wat dalk in die toekoms wink sou dit nou die Goewerment behaag om die 2011/2012-kreefseisoen amptelik oop te maak.

En as jy jou mond nou erg wil laat water, kan jy sekerlik ’n resep of twee gaan skollie by die mense wat weet.

Elizabeth Wilhelmina Jacobs, of Antie Lucy soos almal haar ken, bly al so lank op Paternoster sy kan nog onthou van die dae toe jy nie eens geseg is hoeveel jy mag vat op ’n dag nie, die seisoen was óf oop óf toe. Sy wil nou nie eintlik haar ouderdom weggee nie, maar dis lank terug. Maar een van haar resepte deel sy graag. “Vier krewe maak genoeg vir ses honger mense,” sê sy.

“Pluis die sterte uit en breek die pote mooi van die lyf af.” (Gebruik die koppe later vir aftreksel of sop.) “Smoor so twee gekapte uie en ’n bietjie green pepper tot als nou mooi deurskyn. Dan gooi jy ’n lekker lepel kerriepoeier en suiker by en smoor nog so ’n rukkie, gooi nou die gepluisde sterte en pote in met so klein bietjie water. Nie te veel nie, kreef het mos sy eie water.

“Sit so drie aartappels in blokkies gesny by en laat alles dan stadig prut tot alles en almal nou lekker oor die weg kom. Proe vir sout en peper en maak so, sou jy dink dis nodig. Sit hom op ’n klompie rys neer met ’n tamatie-en-uieslaai.

“Die pote se uitsuig en grou vir daai laaste kriesel is die lekker deel,” glimlag sy.

As die seisoen nou oop was kon sy gou vir ons so ’n kreefkerrietjie aanmekaargeflans het, sê Antie Lucy. Niks fieterjasies nie. Ek voel hoe my mond water en my ooglede omdop; albei maak my ewe bang.

Die Suzi van Gaatjie-restaurant, net links van waar al die kreefbakkies hoog en droog lê, sê weer sy maak ’n kreef-en-ertjiesop om hulde aan Jasus lalandii (Weskuskreef) te bring. Vars kreef bly bobaas, lekker vir ’n kreefkelkie, maar as jy die dag uitgeëet is aan kreef à la normaal kan jy hom altyd ’n bietjie anders aantrek en met ’n ertjie of twee laat trou.

As dit die “gavimint” behaag om soos Johannes Kerkorrel te sê: “Laat hulle kreef eet”, sal dit in Paternoster weer eens bewys word dat ’n mond vol kreef ’n stil mond is. Of jou ooglede omgedop gaan word, is jóú besluit.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.