Negosie-nostalgie in pragtige Rosendal

2011-11-11 23:00

Sandra Lemmer staan agter die toonbank in die Negosie-museum. Foto: Jacques Nortier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Negosie-museum in die kunstenaarsdorpie Rosendal in die Oos-Vrystaat behoort aan die negosiant (oftewel handelaar) Sandra Lemmer.

Lemmer is ’n aangename vrou met ’n bos wilde hare, ’n vriendelike gesig en ’n innemende persoonlikheid wat bereid is om haar koopware-stories met die publiek te deel. Jy sal haar in die stofstrate raakloop waar sy tussen haar drie winkels, die Turksvy-handelaarswinkel, die Suzani-tekstielgalery en nou die Negosie-museum net om die draai. Selfs as sy op vakansie is, is sy alewig aan die grawe agter voorraad en mooi goed aan. “Dit gee my hartkloppings en ’n adrenalieninspuiting.”

“Turksvy is ’n antieke winkel soos vele ander antieke winkels, glo ek, maar die Negosie-museum is iets anders,” sê sy tereg.

Begewe jy jouself in die winkel, kan jy maar die snesies in jou mou of iewers in jou bostuk uithaal. Want die goeters wat in die “negosiekas” is, sal jou geheue streel en traankliere kielie.

“Ek wil hê mense moet instap om bewoë te raak en terugdink aan hoe dit was toe ons kinders was. Gewoonlik gee jy jou ouderdom weg as die trane in jou oë opwel,” sê Lemmer.

“Die aanvanklike vonds van ware het ek meer as twee jaar gelede opgespoor. Dit was ware uit ’n ou negosiewinkel, wat lank toegestaan het toe die ou oom, Laurie Miller van Lesotho, oorlede is.

“Ek het die oorgrote meerderheid van sy voorraad wat van voor die 1970’s dateer, opgekoop. Die laaste paar jaar het verskeie ander deure oopgegaan omdat mense my geesdrif vir die behoud van die totale negosiewinkel-konsep begryp en waardeer.”

Vele items in die museum lê dié negosiant na aan die hart.

“Wat my die diepste raak, is die lap, omdat ek die tekstiel-galery op die dorp het. Die reuk van ou rolle gestyfde katoen-sjwesjwe-lap neem my terug na my kindertyd. Ook na my ma wat al ons klere gemaak het, en ek wat my nuwe rok se lap op die rol self kon uitkies as die winkeleienaar die rol oopgegooi het. Die lap is nog gemerk met oorspronklike ‘verkoopstrokies’ in ponde- en pennie-pryse, gemeet in treë.”

Tog het die winkel enigiets van ou suiglekkers, kieslekkers en Vicks-inasembuisies, ou Huisgenote, egte Afrikaner-boerewors-speserye-mengsels, ou Frisco-blikke, winkelpoppe, pastelkryte, tolle, Meridor en legkaartringe. Die winkel het ook sy eie apteker-toonbank, waar jy enige ou medisyne kan opspoor.

“Die ou oom Miller was ’n apteker en al die medisyne kom van hom af. My gunsteling is die ‘female corrective’-pille, indien ’n vrou soos die volgende voel: ‘Ag liefie, ek voel nie vanaand lus nie. Kom ons gee vir jou eerder ’n ou pilletjie.’

“Dan het ek nog ou geseëlde kondome wat in iets soos snuifboksies verpak is. Hier is baie dummies en Ouma Meelbol-babakos vir 25c. Wat spesiaal is, is die Milk of Magnesia in blou glasbottels verseël.”

Lemmer sê sy kan haarself nie ’n lewe voorstel sonder ou goed nie. “Ou goed het ’n storie; dit het karakter en is nie net iets wat jy van die rak af haal en maklik bekom nie.

“My hele lewe al is ek lief vir ou goed en van kindsbeen af het ek saam met my pa na plaasveilings gegaan waar ek ou kiste gekoop en afgeskuur het. Daarom glo ek mense moet hul kinders hierheen bring en wys en vertel van die lekkers wat nog 3 pennies kos vir XXX-mente en die groot appelkosies van toentertyd, sê die vrou wat ’n voorliefde vir argeologie en kultuurgeskiedenis het.

En as jy klaar gesnuffel het, kan jy so ’n bietjie op die stoep gaan sit by Rosa, die nuwe koffiekroeg op die dorp. Maar hier het stoepsit ’n moderne kinkel.

“Ons is nou ’n Wi-Fi -hotspot wat ’n eerste vir Rosendal is,” sê Henriëtte van der Walt, een van die skeppers en eienaars van Rosa.

Dit is ’n sinergieprojek tussen die kreatiewe geeste, Van der Walt en Dahla Hulme, wat hul kunstigheid saamsnoer om ’n huislike, kulinêre omgewing vir die plaaslike inwoners, asook die besoekers, te skep.

“Almal wat hierby betrokke is, het ’n besondere sterk band met Rosendal. Rosa is sinoniem met stoepsit, lanksit en almal laat welkom voel,” sê Van der Walt, wat met haar treffende voorkoms die gaste nader wink.

“Natuurlik is die naam verwant aan Rosendal, asook aan Rosa-tamaties. En dit sê lekker: ‘Sien jou by Rosa.’ Dit klink lekker.

“Ons het tydens die Kersiefees in Ficksburg op 17 November ’n teaterprogram hier. Terloops, Rosa het die plek ingeneem van die koffiekroeg wat deur die akteur Chris van Niekerk begin is. Die teater is nou by Rosa ingelyf, en Van Niekerk bestuur die teaterprogram.”

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.