Malta, skilletjie vir skilletjie

2011-11-18 22:32

Die uitsig op die Mgarr-hawe, waar die pontboot tussen Gozo- en Malta-eiland vasmeer. Oud en nuut word gekombineer in Fort Chambray, wat in die 1700’s deur ’n edelman gebou is. Foto: Bettie Lambrecht

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sê “Malta” en jy ruik kruit brand; sien menskoppe by kanonlope uitskiet; forte en swaarde.

Jy onthou Napoleon, wat die Franse vlag plant nadat hy slinks voorgegee het hy soek net na verversings in die veilige, groot hawe.

Dit was tot onlangs die somtotaal van my kennis van hierdie komma-klein kolletjie in die Middellandse See wat bekend staan as die Maltese eilandgroep. Die twee hoofeilande is Malta en Gozo. Malta beslaan 316 km²; met ’n kusomtrek van 196 km. Gozo se kuslyn strek oor 56,01 km.

Die hele spulletjie lê ’n ver spoeg van Italië se skoen en ’n klipgooi van die Afrika-kus in Tunisië. Net mooi ver genoeg in die middel tussen die Mediterreense lande om ’n strategiese beheerplek te wees.

ONTKNOOP PARADOKSE

Eers nadat ek daar aangeland en met die vriendelike mense kennis gemaak het; deur boekwinkels en koffie- en eetplekke in nou straatjies is en oop piazzas ontdek het, begin ek die paradokse ontknoop. Die opeenvolgende kulture wat mekaar die een ná die ander weggejaag of onder die hiel gehou het, het juis bygedra tot die aantrekkingskrag van die plek. Elke nuwe heerser – van die Romeine en die Bisantynse tyd, die Arabiere, Normandiërs en Spanjaarde tot die Turke, die Franse, Engelse, Duitsers en Italianers – het ’n duimafdruk gelaat.

Eers in 1964 het onafhanklikheid gekom en in 2004 lidmaatskap van die Europese Unie.

Vandag loop toeriste bankvas, selfs buite die hoëseisoenmaande in Julie en Augustus, tussen die ou, dikwels verslete geboue in Valletta.

Dis die stad met baie forte en kerke wat in die 1500’s gebou is; die hoofstad van Malta. Dit is ook ’n Unesco-Wêrelderfenisgebied soos die nog ouer stad, Mdina, die “Stil Stad” omdat geen verkeer daar toegelaat word nie.

Op Gozo is Rabat/Victoria die hoofstad en die Citadel, die ou stad binne Rabat, dateer van die 1100’s; met latere aanbouings en versterkings deur die ridders. Ook ’n lewende museum.
En verder terug in tyd kos vir argeoloë: die vele behoue tempelstrukture van die Steentydperk, ongeveer 5 000 v.C.

BAROK-PRAG


Met die eerste oogopslag lyk Valletta gehawend as jy van die Luqa-lughawe deur Malta ry om by die pontboot uit te kom wat jou Gozo toe neem. En waar jy kyk is die geboue in skakerings van wit en oker roetswart besmeer deur motoruitlaatgasse.

Dis wat my inwag toe ek onlangs met die goedkoopste vlug via Dubai daar aankom. Oor ’n tydperk van twee weke besef ek jy leer dié sonderlinge plek net ken as jy bereid is om skilletjie vir skilletjie af te trek.

Agter die afgeskilferde uiterlike van geboue in die Renaissance- en Barok-style is daar geheimsinnig verligte gange en nou spiraaltrappies wat blink getrap is deur baie, baie voete. Die binnekant van geboue laat jou mond oopval: die kontras tussen die oue buite en die nuwe binne prikkel die sintuie.

Goud en marmer, kristal en grootse koepels met plafonskilderye wys die Christelik-Katolieke hart wat in die 1500’s daar begin klop het. G’n horison of straathoek is sonder sy kerk/katedraal nie.

OSEAAN WINK


Malta se natuurlike geologie het ook baie te doen met sowel sy histories-militêre gesogtheid as sy skilderagtige onderwatertonele.

Daarby het erosie gesorg dat die kuslyn van sedimentêre kalksteen in diep kepe uitgehap is; met ’n natuurlike hawe tot gevolg.

Met die gematigde klimaat en louwarm water van die Middellandse See is die eilande ’n mekka vir dié wat hou van snorkel en duik.

Dit krioel van duikwinkels en -skole. Vir my gebeur die bedwelmend-lekkerste ervaring onder water by Azure Window op Gozo ná ’n ontmoeting met twee Pretorianers, wat ook wou snorkel. In louwarm tinte van blou en seegroen; weerkaatsings van lig in die vlak water wieg ons saam met wier en vissies.

Terwyl ek later in die son droogbak en die baie bloue op my kamera se sensor probeer vasvang, luister ek na ’n gesprek. ’n Duikinstrukteur praat sy student moed in.

“Gister was jy soos Eileen … vandag was jy beter,” klop hy ’n student op die skouer.

Kort daarna leer ken ek hom as Mike Bugeja, wat aanbied om een van sy bekostigbare woonstelletjies wat hy in die nabygeleë vissersdorp Xlendi verhuur vir my te gaan wys. Op die ingewing van die oomblik bespreek ek ’n paar ekstra dae daar, stapafstand van Azure Window.

Azure Window se allemintige gat in die vorm van ’n natuurlike boog is deur wind en weer uitgebyt. Die poele lok my meer as een keer terug, maar vir ’n skubaduikles was daar nie tyd nie.

’n Herbesoek aan die Ggantija-tempelsentrum moes nog gebeur.

Dis glo die oudste losstaande menslike bousel op aarde. Hierdie tamaai klippe (megaliete), sowat twee verdiepings hoog, is deur menskrag staan gemaak ’n duisend jaar voor die bou van die Egiptiese piramides. Hul verweerde, growwe kante laat my klein en tegelykertyd groot voel.

Elders op Malta is daar oorblyfsels van vroeë menslike bewoning, volgens argeoloë in 5 000 v.C.

Ook die ou stad Citadel smeek om ’n tydreis. Dié ou grote se kalksteen-fortmure wat sedert die 12de eeu in grillige patrone deur die wind geskaaf is, wil my nie los nie.

Ook nie sy spiraaltrap, wat blink getrap is nie. Hoe moes verwilderde mense mekaar nie in daardie noute vertrap het nie toe die Turke Gozo gestroop en die totale Maltese bevolking van 5 000 mense as slawe weggevoer het.

Tyd en hoe tyd aarde en mense verander, is ’n hoofmotief op hierdie Maltese reis. Ook toe ek met die stapgids Top Ten Hiking Routes tussen twee dorpe op Malta gaan stap.

John Anderson, ’n Skotse immigrant op Malta wat ek op ’n bus ontmoet, vergesel my. Ons kies die roete tussen Marsascala en Marsaxlokk wat ons verby die Romeinse soutpanne van ongeveer 800 v.C. tot 480 v.C. neem.

Dis net nadat ek ure lank op Marsaxlokk eers langs die visserskuite en toe tussen die gehawende geboue, eens herehuise, weer oor die kunsvaardigheid van die tyd se verloop nadink.

Dis gedagtes wat ek waarskynlik deel met die groepie vroue wat ek in die hawe raakloop waar hulle agter skilderesels sit en doen wat ek met my kamera gedoen het: iets van die gees van die plek probeer bewaar vir herkou later.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.