Lodge se waarde vir geld internasionaal bekend

2011-12-02 22:04

Die lodge het deur die jare ontwikkel van die aanvanklike 10 beddens tot 104 beddens vandag. Verblyf is meestal in hierdie netjiese rondawels, maar daar is ook selfsorg-eenhede en goedkoper bos-verblyf met gedeelde ablusiegeriewe.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die internasionale reisigersgids Lonely Planet het die Malealea-lodge-en-poniesentrum in Lesotho aangewys as een van sy top-tien waarde-vir-geld-bestemmings vir 2012. Lientjie Mentz het dié lodge net sowat 200 km vanaf Bloemfontein besoek.

Tussen plekke soos San Francisco in Amerika, Japan, Tadjikistan en Porto in Portugal is ’n lodge in die weste van Lesotho ingesluit in ’n lys wat volgens Lonely Planet baie goeie waarde vir geld bied.

Malealea word jaarliks deur duisende oorsese toeriste besoek en talle Suid-Afrikaners het ook al hierdie juweel net ’n kort rit van Maseru en Mafeteng in Lesotho ontdek en gaan gereeld terug.

Dit neem ongeveer drie uur om die reis van ongeveer 200 km van Bloemfontein na Malealea af te lê met net die laaste 7 km wat ’n grondpad oor die Gates of Paradise-pas tot by die lodge is.

Van Winkel tot oornagmekka

Di Jones, eienaar van Malealea-lodge, vertel hulle het die geskiedkundige Malealea-algemene handelaar in Desember 1986 gekoop.

Die winkel is in die vroeë jare 1900 deur ’n avontuurlike Brit, Merwyn Bosworth Smith, begin. Smith het ook die Gates of Paradise-pas oor die berg tot in die vallei laat bou om voorrade in te bring.

Daar word talle interessante staaltjies oor Smith vertel, soos die dag toe hy en ’n vriend in Bloemfontein gekuier het en ná ’n wilde partytjie ’n vreemdeling opgelaai het en saamgeneem het na Malealea. Daar gekom het hulle ontdek die vreemdeling is dood en dié het ’n finale rusplek hier by die lodge gevind met die graf van die vreemdeling wat vandag nog te sien is.

Smith het ook nie gehou van die gebruik dat algemene handelaars se kleinhuisies so opsigtelik gebou is nie en hy het sy kleinhuisie in ’n versonke hoekie opgerig.

Die kleinhuisie met sy pragtige uitsig oor die Thaba Pusoa-berge is in 1905 opgerig en word steeds in stand gehou vir diegene wat soos Smith die uitsig op dié manier wil geniet.

Ploeg terug in gemeenskap

Kort nadat Di-hulle die winkel in 1986 gekoop het, het dit heeltemal afgebrand en hulle het ’n groot sinkgebou opgerig waarin die winkel aanvanklik gehuisves is. So stadigaan het hulle verblyfgeriewe begin bou en gou het die lodge die winkelbedrywighede oorgeneem.

Di vertel dat besoekers wat hier gekom het, graag skenkings aan die omliggende gemeenskap wou doen en die Malealea-ontwikkelingstrust is in 2002 begin. Die trust het intussen groot vooruitgang gemaak en sowat 500 mense uit die gemeenskap word regstreeks of onregstreeks danksy die trust gehelp.

Dit sluit onder meer maatskaplik verantwoordelike projekte in, soos kleuterskole wat gebou is en in stand gehou word. Die trust funksioneer deesdae onafhanklik van die lodge.
Ervaar Lesotho op ’n ponie

Een van die beste maniere om die omgewing te verken is op ’n Basotho-ponie. Daar is ponie-uitstappies wat wissel van ’n uur-uitstappie tot vier dae te perd wat oornagplekke in tradisionele Basotho-dorpies insluit.

Ons het ’n kort uitstappie van sowat twee en ’n half uur al langs die Pitsengplato onderneem terwyl ons gids, Mojalefa Thakalekoala, aan ons bakens in die omgewing uitgewys het.

Donga met ’n verskil


Musi se donga is nie ver van die lodge nie. Hier het Fanuel Musi 25 jaar gelede manalleen begin om die dongas wat gevorm het op te vul en met plante te vul. Hy is intussen oorlede, maar sy vrou, Maserestse Musi (85), wys besoekers graag waar haar man dongas opgevul en boorde aangeplant het. Hy is begrawe op die plek waar hy heel eerste ’n muurtjie in ’n donga gebou het en dié uiteindelik heeltemal opgevul het. Daarnaas is ’n ware oase waar hy riete, wilgerbome, Lombardi-populiere en ander plante in ’n diep donga geplant het.

Maserestse en familielede verbou steeds flink groente en pluk en verwerk die talle vrugte.

Basotho-klanke klink op


Laatmiddae wanneer die son se laaste strale oor die indrukwekkende berglandskap streel, klink daar vrolike musiek uit die lodge op. ’n Plaaslike koor en tradisionele orkessie tree elke aand hier vir besoekers op. Net so voordat almal aansit vir ’n aandete van braaivleis en ander lekkertes om te gesels oor nog ’n dag in dié mooi bergkoninkryk.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.