Knus in die hart van fynbos

2011-11-25 22:16

The Kitchen@KolKol is uit houtstompe gebou met vensters aan die voorkant sodat ’n mens die uitsig kan geniet.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Mens het nodig om af en toe weg te breek en te voel dit was jou tyd en geld werd. Dis só met KolKol.

Jy weet nie wat om te verwag as jy deur Botrivier ry en oor die treinspoor met die grondpad koers kies in Villiersdorp se rigting nie. By KolKol gekom is die pad hier en daar ’n uitdaging, veral as jy bo by die tente gaan bly, so los jou blink motor by die huis. Dis egter als deel van die ervaring.

Die omgewing is ongerep en die inspirasie vir die strukture kom uit liefde en respek vir die natuur. Die geboue is hoofsaaklik van uitheemse bome soos denne, populier en bloekom gebou wat op die Oude Molen-plaas en buurplase uitgekap is.

Karen en Rudi Oosthuyse het op universiteit ontmoet en Rudi het tóé reeds tekeninge gemaak van die houthuis wat hy op hul fynbosplaas wou bou, vertel Karen.

“Hy en ’n paar werkers het in 2006 aan die eerste houthuis begin bou, self die bome gesaag, die bas afgeskil en behandel. Die idee kom van die handgemaakte Kanadese houthuise.”

Die permanente luukse tente is in 2008 opgerig, die Bugsy Log Cabin is in 2009 voltooi en die restaurant is in 2010 aangepak.

“Teen dié tyd het Edmund Viljoen, mede-eienaar en sjef, vir ses maande saamgebou. Hoe baie sjefs kan sê hy het sy eie kombuis gebou?”

Eet gerus hier


Die restaurant The Kitchen@KolKol is van verskillende soorte inheemse hout en klippe gebou wat op die plaas uitgekap is. Die tafels is gemaak van wynvatstawe wat aanmekaar gelym is en hier en daar natuurlik van mekaar weggetrek het. Die kaggel is net ’n groot opening waarin ’n vuur hoog brand.

Groot glasvensters nooi die natuur en uitsig oor die heuwels en die Babilonstoren-berge binne.

Hy is moeg vir fancy kos, sê Viljoen, wat onder meer by die bekroonde Fat Duck-restaurant in Engeland gewerk het. Hy kook stewige en “besige” eenvoudige disse soos peri-perihoender met aartappels en botterskorsie of ’n sirloin-gereg wat óp ­ciabatta en ónder gekarameliseerde uie bedien word.

’n Nag in die berg in ’n warm poel

Teen die tyd dat jy klaar geëet het, is die poel by jou Bugsy Cabin reeds louwarm gestook.

’n Stofie is onder die water aan die kant van dié swembadjie vasgebout. Hierin maak jy ’n vuur wat die water verhit. Volg net die instruksies. “Dit was so gewild dat ons besluit het om een by elke eenheid te bou. Dit is waarlik ’n groot trekpleister.”

Die donkie moet net die heeltyd met hout gestook word totdat die water ’n gemaklike en luilekker 38 °C bereik. As jy seker maak jy vou die termiese kombersie ná die aand se gebruik terug oor die water, wag daar die volgende oggend ’n stomende bad – ongeag wind of ­reën.

In die somer sal die eerste strepie son jou net ná 05:00 deur die groot vensters wakker maak, net betyds om die sonsopkoms uit ’n warm poel met ’n koppie koffie te waardeer.

Die meeste gaste haak beslis by dié innoverende “warmbad” vas, maar om jou vel teen totale verrimpeling te red, kan jy die kaggelvuur in jou huisie gaan aanblaas. Dan is hier ook geen TV nie, dankie tog!
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.