Kersplesier in Europa

2011-11-11 23:00

Mense wag in Innsbruck se oustad vir ’n blaasorkes om Kersmelodieë op die balkon van die bekende Goue Dak te speel.Foto: LINDA DE BEER

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Europa begin al middel November sy Kersbaadjie aantrek. As jy die eerste keer ’n Kersmark in Europa besoek, verstaan ’n mens ander se alewige gehunker na ’n wit Kersfees, skryf LINDA DE BEER.

Dan is dít hoe Kersfees moet lyk. En ruik. En voel.

Al vyf sintuie spring eensklaps in hoogste rat as jy die eerste keer ’n Kersmark in Europa besoek. Anders as in Suid-Afrika is die hoofdoel van Kersmarkte in Europa nie om geskenke te smous nie. Dit is die Europeërs se manier om die wonder van Kersfees gemeenskaplik te midde van ysige temperature te ervaar en te beleef.

Hulle word uit die knusheid van hul warm huise gelok deur die geure van kaneel, naeltjies, geroosterde kastaiings en stomende glühwein wat met die klanke van eeue oue Kersmelodieë meng.

As dit dan nog boonop sneeu, is die ervaring soveel intenser. Dis hoekom Kersmarkte in en naby die Alpe so gewild is. Of dit nou Duitsland, Oostenryk, Switserland, Italië of Frankryk is.

Want om toegewikkel in ’n warm jas, serp om die nek en mus oor die ore jou hande om ’n warm beker glühwein te vou en jou oë na die wit berge op te slaan, is amper ’n magiese ervaring. Veral as die son skyn en die berge teen die blou lug afgeëts is. Of op ’n wolklose, maanverligte aand.

Die Kersvader in sy tradisionele uitrusting en regte baard lyk mos of hy hier tuishoort. Miskien speel hy selfs ’n draai-orreltjie wat Kersmusiek voortbring. En as die kinders ’n paar sent in sy blikkie gooi, word hulle met ’n koekie of sjokolade beloon.

Glühwein is warm wyn waarby speserye en soms lemoensap gemeng word. Dit is in ’n rooi én wit weergawe te kry. Vir die kinders en mense wat nie van die glühwein se alkoholsmaak hou nie, is daar ’n nie-alkoholiese weergawe met vrugtesappe.

Die meeste Kersmarkte laat spesiale glühwein-bekers maak waarvoor mens ’n deposito moet betaal. Toeriste kan dus die bekers as ’n aandenking hou as hulle wil.

As die wyn jou van binne laat gloei, soos die naam tereg voorstel, kan jy iets te ete soek by een van die baie kosstalletjies. Daar is worsies, kase, spek, brood en spesiale seisoensgebak soos Lebkuchen (’n soort speserykoekie) en Schneeballen (soet, ronde gebak van verskillende dekadente bestanddele wat soos sneeuballe lyk).

Geskenke vir die mense by die huis is daar tog baie. Van dié wat jy nêrens anders ter wêreld sal kry nie, sluit in handgemaakte Kersversierings, staltonele van Jesus se geboorte en ander handwerk eie aan die omgewing waar jy is.

Verskillende vorme van vermaak, soos kore wat Kersliedere sing, straatteater vir kinders en antieke mallemeules met perdjies en koetse, word by die meeste markte aangebied.

Hier is ’n paar Kersmarkte wat die moeite werd is om te besoek. Hulle begin einde November of vroeg in Desember en die meeste is tot vroeg in Januarie oop.
Füssen, Oberammergau en Ettal in Duitsland

Dié drie dorpies digby die Alpe in die Duitse provinsie Beiere is boonop in ’n omgewing wat wemel van kastele, waaronder die bekende Neuschwanstein. Oberammergau is ook bekend vir die Passiespel wat hier gehou word, Ettal vir sy klooster en Füssen vir sy besonderse oustad-gebied.

Innsbruck

Die “hoofstad van die Alpe” spog met vier Kersmarkte. Die historiese oustad word in ’n wonderwêreld omskep, waar reuse en karakters uit al die bekende sprokiesverhale mens in die smal straatjies begroet. Daar is ’n tweede mark in Maria Theresiastraat, die stad se hoofstraat wat gedeeltelik slegs vir voetgangers toeganklik is, en ’n derde op die markplein langs die rivier. Vir ’n regte Alpe-atmosfeer en wonderlike uitsigte op Innsbruck is die mark by die Hungerburg teen die hange van die berg buite die stad die regte plek om te wees.

Konstanz aan die Bodensee in Duitsland

Hier waar Duitsland, Oostenryk en Switserland bymekaarkom, is Konstanz se Kersmark met sy meer as 130 stalletjies ’n hoogtepunt. Dit is versprei oor die sentrale deel van die stad, langs die meer-oewer en selfs op bote. Voor jou lê Duitsland se grootste meer, Bodensee, en agter jou troon die sneeubedekte pieke van die Alpe. Net oorkant die grens in Kreuzlingen, Switserland, kan jy heerlik aan dié land se sjokolade smul.

Murano in Italië

Kyk hoe ’n meester-glasblaser die mooiste Kersversierings skep in dié stad in die noorde van Italië. Dié Kersmark is bekend om sy Feuerzangenbowle (vuurtongpons), wat ietwat afwyk van die tradisionele glühwein. Suikerbrood word in rum gedoop en in ’n koperdrom oor ’n vuur gesmelt. Dié konkoksie word dan by ’n vat rooiwyn gegooi.

 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.