Heilsaamheid uit erfeniskos

2011-11-25 22:16

Die lekkerte van dié skaapblad lê in die eenvoud van hoe dit gaargemaak word, met groente en bros aartappels.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die kos in die boek Sout+peper is die soort kos wat jou daardie warmte in jou binneste gee – ’n boek wat te midde van ’n oorvloed kookboeke ’n heilsaamheid tussen jou en jou kuiergaste wakker maak. Samarie Smith het by Neil Stemmet in De Kelders gaan kuier en ’n voorsmakie van sy nuwe boek gekry.

‘Neutmuskaat is noodsaaklik op jou skorsie en asyn saam met die lamsvleis laat jou minder skuldig voel oor die lekker stuk vet daaraan. Nee wat, die oumense was nie mal nie.

“Geniet die ete en, o ja, jy eet nou uit hoofstuk 29 – ‘Sondagkos’.”

Neil Stemmet is ’n veelsydige, kreatiewe en talentvolle mens wat sy merk op verskeie gebiede in die ontwerpwêreld gemaak het.

Maar sy boek wat nou verskyn, Sout+­ peper: Erfeniskos, vertel ’n ander kant van dié man. ’n Sagte en nostalgiese kant.

Dit vertel die kosverhaal vervleg met sy herinneringe van grootword; sy bruin mamma; sy ma en sy ouma. Die sout van die aarde.

“Dis my herinneringe as kind en alles wat ek geleer het by my ouma en Eva, die mooie bruin vrou wat vir ons as kinders gekook het. Die toekoms lê in die verlede.

“Ek moes eenvoudig ’n blog begin om my verhale te deel en dís waaruit die boek saamgestel is. Dis kos waarin ’n mens die oorsprong kan proe. Daar moet ’n volhoubaarheid wees, om iets uit die geskiedenis behoue te laat bly en ’n universele waardering te gee. Iets wat selfs ná my dood behoue kan bly.”

En hier kom die seun weer uit wat hom verlustig in die herinneringe van die eenvoudige smake waarmee hy deur sy lewe kennis gemaak het – elke gereg met ’n storie.

“My ma kon lamskenkels op ’n hemelse manier kook. En met Ouma dink ek aan brood, perskekonfyt, plaasbotter en moerkoffie.

“Ouma het ’n kat gehad, Skat, wat van wors gelewe het. Dan kom lek hy haar hare om dankie te sê. Ons wou ons doodgril vir sy tong! En Oupa met sy fles moerkoffie. Hy het die koffie in sy piering geskink en bietjies vir bietjies opgeslurp.”

Hy skryf die kosverhale sonder hoofletters – sonder om sy gedagtegang te onderbreek.

Die verhale vloei en ruk aan jou hart en wek jou eie herinneringe op. Dan wil jy net kook. En kook. En kook. Totdat jy iets van elke groot persoonlikheid wat jou lewe geraak het op die tafel kan proe. En dan word nuwe stories met die ou stories vermeng om ’n nuwe konkoksie van herinneringe vir jóú kinders te skep.

Jinne, ons koskultuur is ’n wonderlike ding. Dis wat ek van Stemmet se erfeniskos (of herinneringskos) in Sout+peper ervaar het.

“Kos waarmee jy aan almal erkenning gee: die hande wat dit berei het; die dier wat geslag is; die plant wat geoes is. Dan sê jy dankie en roep die seën oor jou huis, jou diere en geliefdes uit en eet saam in liefde vir mekaar.”

Neil se Sondagkos

Die skaapblad

Kry die vetste blad wat jy kan (vars nie gevries nie).

Sny ’n paar kepe kruis en dwars aan die bokant (dis nou op die vetkant). Vryf die blad met tuisgemaakte mayonnaise of botter in.

Maak ’n goeie hand vol koljandersaad in ’n vysel fyn saam met ’n halwe hand vol growwe sout, ’n halwe teelepel witpeperkorrels en ’n halwe hand vol vars roosmarynblare.

Vat ’n vleisbak en gooi daarin 2 koppies water, 2 gesnyde suurlemoene en 5 gekneusde knoffelhuisies. Plaas nou ’n rakkie bo-op die bak.

Seën die skaapblad en plaas in die middel van die rak.

Jou oond is aan op 140 °C. Sit die blad in en vergeet daarvan. Bak vir ’n minimum van 2½ uur. Laat dit ordentlik rus voordat jy aan die sny en eet gaan.

Die braai-aartappels

Die aartappels kook jy vooraf in soutwater tot amper gaar. Skep dan die vet uit die skaapbladpan en rol jou aartappels daarin. ’n Halwe koppie is oorgenoeg.

Geur die aartappels met Khoisansout en bak teen 200 °C tot goudbruin. Draai die aartappels nou en dan om en skep elke keer skaapvet oor.

Tamatie-en-uieslaai

As jy die slaai volmaak wil hê, moet jy wag tot die tamaties volop is en jy die reuk van die tamatieplant aan die tamaties se wange kan ruik. Die geur van ’n tamatie is enig. Dit is rou en ruik na grond met ’n botoon van eerlikheid. Soek die rooiste plaastamaties uit. Sny die tamaties in skywe.

Skil ’n vars ui en sny dit in skywe. Rangskik die tamaties en uie om die beurt in ’n outydse slaaibak saam met ’n bietjie van die ui se lowwe wat jy in ringe sny.

Maak ’n slaaisous van:

  • 100 ml druifasyn
  • 20 ml suiker
  • 50 ml sonneblomolie
  • Khoisan-sout
  • witpeper
  • 5 ml aangemaakte mosterd
Kook ’n paar eiers sag en breek die eiers in stukke oor jou slaai. Garneer met spekboomblare (as jy kan kry). Dis heerlik en het ’n eiesoortige surigheid. Jy kan die slaai ’n hele ruk voor ete reeds maak want die sous ­moet kans kry om die uie en tamaties as baadjie aan te trek.

Japie se gunsteling-poeding

  • 3 groot eiers, geskei
  • 190–375 ml strooisuiker
  • 375 ml volroommelk
  • 100 ml meelblom, gesif
  • 310 ml vars lemoensap
  • 30 ml vars suurlemoensap
  • die geel skil van 1 lemoen, gerasper (sonder die wit gedeelte)
  • 45 ml botter
Stel die oond op 180 °C. Klits die eiergele, voeg die suiker by en klits tot lig en donsig. Voeg die helfte van die melk by en klits totdat die suiker opgelos is. Klits dan die gesifte meel en die orige melk by.

Voeg nou die lemoen- en suurlemoensap, lemoenskil, sowel as die botter by. Roer goed deur. Klits die eierwitte styf en vou in met die figuur 8-metode.

Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak, plaas die bak in ’n pan met kookwater en bak vir 45 minute tot mooi goudbruin. Die poeding sal ’n kors bo-op vorm met heerlike sous onderin. Skep uit in jou mooiste Sondagpoedingbakkies en sit voor met plaasroom.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 117,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY11
2011
R 359,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.