Agtjarige wen met ‘slaaituin’

2011-12-02 22:04

Deon van Heerden van Middelburg in Mpumalanga is vandeesmaand se wenner van die Naweek+-tuinkompetisie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is duidelik uit vandeesmaand se inskrywings vir Naweek+ se tuinkompetisie dat die lesers sommer baie kreatief en fluks is.

Die wenner van hierdie maand is Deon van Heerden (agt jaar) van Middelburg in Mpumalanga wat vertel dat hy sedert hy vier jaar oud is blommetjies plant en dat dit vir hom vreeslik lekker is om tuin te maak.

Deon vertel dat hy basiliekruid, soet marjolein, pietersielie, kersietamaties en blaarslaai geplant het en dat hy altyd daarvan saamneem wanneer hulle iewers gaan kuier “sodat die tannies kan slaai maak”.

Deon wen die alles-in-een-kruietuintjie van Paris Garden waarmee hy en sy ma, Wanda, verder lekker kan tuinmaak.

Hier is nog ’n paar inskrywings met oulike idees van lesers wat ingeskryf het:

  • Marica Fourie van die Paarl sê haar groentetuintjie gee aan haar groot plesier. Sy vertel sy gaan elke dag byna elke uur kyk wat nuut in die tuin is en neem elke blom, wurm en peul graag af. Die spinasie was heel eerste gereed en sy kon al drie oeste pluk. Sy bak en kook graag met die kruie en groente uit haar tuin, soos die spinasietertjies op die foto bo links op dié bladsy.
  • Nadia Vivier van Pretoria vertel sy het ’n tuintjie in ou motorbande gekweek waar die lastige honde nie die plante kon bykom nie.
  • Gela van Heerden van Bloemfontein kweek kruie en groente, en kook graag daarmee. Hulle gebruik die kruie vars in slaaie en groentegeregte en droog die res van die kruie in botteltjies in die kombuis. Op elke bottel word die soort krui, asook medisinale waarde van ’n krui aangedui. Al die eetbare kruie in hul tuin word in potte geplant en hulle het onlangs ’n groot groentebedding uitgelê. Sy vertel dat die tuintjies vir haar en haar gesin veel meer is as net iets vir die kombuis. “Dit is terapie, dit is ’n positiewe teenvoeter vir alles wat verkeerd is in die wêreld. Dit dien as opvoedingstaak en snoer ons as gesin en familie saam en die kinders leer baie uit die tuin.”
  • Marie du Plooy, ook van Bloemfontein, het foto’s gestuur van die blomme van Franse artisjokke. Net soos met broccoli en blomkool kan die blomknop geëet word. Sy sê dit moet so vars moontlik geëet word. “Dompel die knoppe in soutwater en was dit deeglik. Bedek dan met kookwater en kook vir 25 tot 45 minute totdat die blare sag is en maklik afgetrek kan word.”
  • Jonathan Cupido (21) het onder meer mielies, groenboontjies, beet, skorsies, pampoen, aartappels en uie geplant. Hy sê hy geniet die tuinmaak sommer baie.

Deon van Heerden van Middelburg in Mpumalanga is vandeesmaand se wenner van die Naweek+-tuinkompetisie.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Project Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2007
R 279,950.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 115,990.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.