- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
'n Leser skryf oor Bromvoëls
deur Nita en Leon Botha, Keimoes
2011-10-14 09:15
Ons was onlangs in Zimbabwe en Chobe en het die voorreg gehad om 'n hele klomp Bromvoëls te sien, nie net in die nasionale parke nie, maar ook buite.
In die Chobe Waterfront nasionale park was daar so 3 pare bromvoëls wat vir ons gelyk het besig was met die paringsritueel, ons weet nie eintlik wat nie en wil asb jul opinie hoor.
Hulle was besig met hul lieflike Afrika roep, wat soos dromme klink, toe een van hulle die vlerke oop maak en soos 'n wafferse ballerina staan, die ander een het sy rooi lel so pragtig opgepof terwyl hy roep.
Dit was regtig die toer se hoogtepunt. Dis die eerste eerste keer dat ons dit gesien en hul roep gehoor het.