- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Plaaslike owerhede
deur Anoniem
2011-05-27 14:18
Terwyl die onderwerp nog warm uit die oond is, kan mens seker 'n paar relevante vrae vra...en hopelik antwoorde/kommentaar kry vanaf hogere guru's.
'n Luisteraar van Mosselbaai het vandag 24 Mei ingebel na Ian Wessels se Loslip program en volgens my mening 'n paar hoogs debatteerbare punte geopper. Die man wou weet waarom plaaslike owerhede nie bedryf kan word soos bv skole nie. Vir elke departement is daar 'n vakkenner met oorhoofse toesig en kontrole. Daar is streeks- en Provinsiale inspekteurs wat toesien dat beleid streng nagekom word. Vanaf Nasionale vlak word beleid bepaal en dit word tot op grondvlak uitgevoer.
Sy groot argument wat ek graag wil ondersteun, is dat hierdie duur plaaslike rade, verkiesings, ens., uitgeskakel word. 'n Munisipale bestuurder sal noodwendig 'n toepaslike gegradueerde persoon wees met ervaring van administrasie. Die hoof van elektrisiteit sal noodwendig 'n Elektriese Ingenieur wees. Dit sal geld vir riolering, toerisme, maatskaplik, vervoer, ens. Wat is die nut van 'n spul raadslede wat geen benul het van 'n portefeulje? Meeste van hulle word deur "kaderontplooiing" (regstellende aksie) en kondonering op dorpe afgedwing. Dit is mos 'n seker resep vir wanfunksie. In die onderwys word 'n gazet uitgegee wat elke vakature, vereiste kwalifikasie, salaris, ens adverteer. Bo alles, daar word prestasiemeting gedoen.
Daardie meneer van Mosselbaai, laat hoor asseblief weer van jou. Jou argumente het vir my waterdig geklink...so absoluut logies. Dit behoort die vloek van politiek uit plaaslike owerhede te haal...en miljarde te spaar.