- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Hoekom het Springbokke gevou?
deur MyDieBurger-redakteur
2010-07-26 10:21
Die Springbokke se treurige Drienasies-veldtog het hierdie Saterdag voortgeduur met 'n teleurstellende nederlaag teen die Aussies.
Ná dié fiasko word daar oral fout gesoek, en 'n hele paar opinies oor die redes vir die Springbokke se swak vertoning is al in die publiek gedeel.
Wie of wat moet blameer word vir die Springbokke se nederlaag?
Moet swak dissipline die skuld kry vir die span se verloorslag, of was dit bloot 'n slegte dag op die veld? Het die skeidsregter werklik sy mes ingehad vir die Suid-Afrikaners, of moet Peter de Villiers die skuld kry vir sy span se spel?
Gesels saam – gee jou mening in die kommentaarblok hieronder. Jy kan hier meer lees oor die Springbokke se nederlaag. Neem ook deel aan ons meningspeiling oor die onderwerp.