- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Evolusie – wat dink jy?
deur MyDieBurger-redakteur
2010-07-27 09:02
’n Herrie het losgebars om die kop van prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, na aanleiding van ’n standpunt wat hy oor evolusie ingeneem het.
Dit het alles begin toe die teologies konserwatiewe glanstydskrif Juig by Strauss wou weet wat die NG Kerk se amptelike standpunt oor evolusie is.
Strauss se antwoord op dié vraag het argumente oor hierdie omstrede onderwerp opnuut laat opvlam, en 'n hele paar kommentators het al aan die debat begin deelneem.
Hoe voel jy oor evolusie? Dink jy dis 'n bewese feit, of 'n onsinnige teorie? Kan 'n mens 'n gelowige wees en terselfdertyd evolusie aanvaar? Kom gesels saam – gee jou mening in die kommentaarblok hieronder.