Annamari De Lange, Knysna

Die Burger-gebruiker

Bungeeeee! 'n Leser vertel

deur Annamari De Lange, Knysna
2012-01-11 08:43

Na aanleiding oor die berig: Bungee (Burger 10 Januarie 2012).  Drie van ons gesin het Saterdag die 7de Januarie 2012 gespring. Hier volg my gedagtes oor bungee:

     Ek kan nie verder slaap nie, vandag se gebeure speel heeltyd voor my af. Gister en selfs die oggend voor die spring, het dit my nie gepla nie. Met die besef; nou ry ons, het my senuwees so ‘n ruk of twee gegee, want dis tog die regte ding om te voel.

     Daaraan gekom; het die besef in geskop ... dis vrek hoog ... dis werklik ... Ek wou net met alle geweld sien hoe naby aan die grond kom jy tydens die sprong. Die verste wat jy gaan is omtrent so twee derdes, met dit was ek tevrede. Spanning begin sy sweterig vingers om my lyf vou.

     Ons was ver te vroeg, in die restaurant waar jy na elke sprong kyk wissel jou gemoed van 5 uur (3:30) is nog ver ... ag dis nie so erg nie ... tot ... jy kyk na almal se hande, en is baie trots op die feit dat die meeste daar se hande is skoon terwyl op joune geskryf is.

     Ek wil elke 5 minute badkamer toe hardloop en met Annamari word groot, sit ek my sit, en probeer lyk asof niks op die aarde my kan pla nie, die situasie is so alledaags ... Al wat my wil-wil weggee is dat ek bly lag en babbel, maar miskien is ek een van daai kroniese vriendelike mense... wie weet...

     Die seuns drink iets sterk vir die alledaagse gevoel, ek sien nie kans vir dit nie, ‘n milkshake, ek word afgeraai, al waaraan ek nog kan dink is cream soda – ek wat feitlik nooit gaskoeldrank drink nie. Die jong man met die geen voortande, kom soek ons in die restaurant... van die 4 uur groep het nie opgedaag nie. Stel julle belang? Natuurlik, natuurlik dom vraag... badkamer toe vir ‘n laaste groot knyp, wil darem die kanse op groot ‘sweet’ uitskakel...

     Ek begin voor ons groepie van vyf uitstap – doelgerig ... kyk die bul gaan ek by die horings pak, ek vervies my half vir die 3 jongmense wat so drentel. Het hulle gedrentel is nou die vraag?

     Nou begin die spanning om sit in vrees, wat sy sweterige kloue om my maag en hart slaan ... Ek het gerap-jump, en het al 10 000 voet gespring, hoe erg kan dit wees... Kom nou, julle die res is al doer voor... Deur n bos paadjie, met wit klippies loop ons... Die volgende oomblik is die N2 swart en raserig langs ons ... dan die brug. Onderdeur hom en dan n yster bruggie wat aan sy, sy hang.

     Oor die yster bruggie met sy deursigtige bodem van yster, ek  besit nie genoeg woorde om die aaklige ondervinding te beskryf nie. Met elke tree sak die grond verder en verder onder jou weg, maar Annamari loop voor, en behoed die wêreld as hy sou sien ek is bang, klou met sweterig hande aan die yster vas. Die brug het geen einde nie ...!!!

     My hoogte vrees is nou in volle swang om my hart en verstand. Ek raak al hoe stiller, bo uitgekom staan ons in n groep en word jou nommer en gewig nagegaan, en vir die eerste keer in my lewe is ek bly ek is aan die gewigtige kant. Ek is van die laastes wat spring... of so dink ek.

     Die afgrond trek my soos ‘n magneet ... al wat ek kan doen is gaan sit op n bank met Bertus voor my, ai die verdomde televisie wat elkeen se gesiguitdrukking en sprong tot in fyn detail uitwys ... is dit regtig nodig? Die spronge is eintlik vinnig, maar dit voel soos n ewigheid voor dit jou beurt is.

     Met die sit, kan ek om die dood nie dink hoe ek myself in hierdie situasie ingedink het nie. Wat was my motivering om dit te wil doen? WAT?? Moet ek so vir die wêreld wys ek beleef ‘n middeljarige krisis. EK IS BANG!!! Punt stop klaar. Ek veg teen die afgrond, ek wil nie hier wees nie, ek twyfel in my geestesgesondheid. So gaan die mense verby een vir een, word die groep kleiner, ‘n ewigheid, op ‘n stadium soek hulle ‘n nommer hy/sy is net WEG!!! Soos in weg ... wyse mens

... Ek dink nog aan die moontlikheid om dit ook te doen toe staan my jong man sonder voortand voor my: Annamari? Ja. Jy is volgende na daai meisie... Nee, nee jy is verkeerd hier is nog teveel mense, ek is baie nader aan die einde, ek is swaarder, hier is nog ligter mense as ek. Nee, ‘n nuwe tou word nou gebruik... Ek staan op en beweeg... Bertus kom staan net hier by my asseblief bly net by my. 

      Ek kan nie nou om die dood, vir jou sê wat ek gedink het nie, maar ek weet wel dat daar gedagtes was. Ek voel veilig vir die eerste keer, hulle knip my aan ‘n yster vas op die grond. Maak oop jou knieë, maak jou voete oop, so bind hy die tou om my bene, iets van ‘n sekere tipe knoop, en 3-punt-iets-ton ens ens, staan op ... Hier is jou tou ... Ek hoor klik, kan ek maar val? (Wat ek eintlik vra as ek nou val het julle my?)

Hy hoor; ek wil nou dadelik spring – nee, nee eers nog n bietjie vorentoe. Hulle tel, hoe hulle getel, weet ek nie, net my geswelde wurmpie tone en voete met blou naellak is al wat ek sien, moet nie af kyk nie Annamari kyk op... ‘BUNGEE...’ Ek val... dis hemels... dis hemels ... dis wonderlik... hoekom was ek so bang? Kyk die rotse, die poele, dis PRAGTIG ... Spontaan begin ek God loof en dank vir my veiligheid ? en vir die prag wat ek sien, die wonder van swaai vry soos ‘n voël. Dis pragtig, ek wil nie my oë knip nie ek gaan iets mis, my arms oop, vry, los, in ‘n ander wêreld.

     Al wat ek voel is die heen en weer beweging, glad nie die ruk wanneer die rek styf trek nie en jou na bo ruk nie, dit voel ure lank tog ook te kort om alles in te neem. Jy hang stil na n ruk, wanneer kom hulle my haal, het hulle my vergeet? (hahaha) HALLO!!! Ek hoor ‘n stem wat hallo terug antwoord – yes hulle is hier, hulle het my kom haal.

Hy stel hom bekend, en gesels rustig met my, verder vertel hy my presies wat gaan volgende gebeur ens ens.  Te vinnig is ek terug op die ystersif, ek klou vir lewe en dood want die hoogte vrees is alive and well en terug. Ek begin babbel en borrel van opwinding, dit was werklik ‘n fantastiese ondervinding, iets wat ‘n mens weer en weer moet doen, WANT: alles was TE! Te hoog, te vinnig, te bang, te ... en so kan my lysie aangaan.

     ‘n Benoude man kyk na my ek vertel hom die ergste is die wag dat hulle jou moet kom haal, dat jy onderstebo hang pla jou nie vir n oomblik nie.

     Weer op die brug, weer deur die aaklige nou yster bruggie, weer my ou vriend hoogtevrees wat in my nek afblaas. Weer in die restaurant, nou my wit milkshake, die beste een nog. Skielik is ek doodmoeg, en raak rustig aan die slaap in die kar.

     Sal ek dit weer doen JA ‘n 1 000 maal JA! Ek sal dit aanraai vir elke ou wat stres kap, want stres val saam met jou gelukkig is hy wireless en jy nie.

Annamari De Lange, Knysna

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Renier sê... Liewe Lieben, jy slaan die spyker op sy pan. Ongelukkig (of gelukkig) het ek net die 2 de helfte gesien. Ek was nog nooit rerig bekommerd oor die Stormers nie, maar nou is ek bekommerd! Ons agterlyn sal baie moet verbeter as ons die koppie huistoe wil bring. Bring vir Jean uit na buitesenter want sy kort stormlopies beindruk nie meer nie. Die sinnelose geskop is ook baie jammer. Dalk het hulle (die Stormers) in 'n gemaksone beland. Ons kan nog wen as hulle nou wakker word. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2007
R 279,950.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 115,990.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.