- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Boer verloor trop ooie en lammers
deur Marette Dreyer
2011-06-13 10:46
'n Leser skryf:
Met die onlangse vloedwater het die Koonap rivier (sytak van die Visrivier) in vloed afgekom.
'n Boer van die Fort Beaufort omgewing het Vrydag nag 89 skape verloor wat met vloedwaters meegesleur is. Ooie en lammertjies. Hy het Vrydag tervergeefs probeer om die meeste van sy troppie skaap te red terwyl vloedwaters dreigend gesteig het.
Dis baie hartseer omdat dit die helfte van sy trop is wat weggesleur is. Hy vertel dat hy van die ander skape iewers op 'n eilandjie angstig kon hoor geblêr maar dat hy hulle nie kon sien of naby aan hulle kon kom nie. Deur die nag het die water egter geweldig gestyg en het almal weggespoel. Vroeg vanoggend (Saterdag) het hy een verlore ooi in 'n doringboom gered. Hy vertel dat hy nooit die angstige geblêr van die skape op die eiland uit sy kop uit sal kry nie.
As julle asb. 'n beriggie kan plaas dat indien enige iemand verder teen die Koonap en Visrivier af skape vind wat uitspoel, hulle dit asb. aan hom kan terug besorg. Die boerdery is slegs 'n bestaansboerdery en die skape is meer as die helfte van vee op sy stukkie grond. Die man is my pa, en ek wens ek was in die Oos-Kaap om hom te help soek na hulle.
Sy naam is Kobus Els en sy kontak nommer is 082 928 7072. Help ASB.