- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Afrikaans in 'n Jakarta winkel
deur
2010-05-12 13:43
'n Leser het die volgende e-pos aan web@dieburger gestuur:
Eg Kaapse groete uit Jakarta. Ons "Lees Die Burger en Gesels saam" via die internet.
Dis lekker hier en ons is baie gelukkig, alhoewel daar maar net een Kaap van Storms is.
Aangeheg is 'n foto wat ons net met jul moes deel!!! Ons was vanaand gou-gou in ons plaaslike supermark, Hypermart, en kon onse oge nie glo toe hierdie Afrikaanse kussing vir ons staat en beloer nie. Daarom het ons maar die ou R90'tjies daarvoor gehoes, want waar sal ons nou ooit weer so 'n geleentheid kry.
Die lagwekkendste van die hele saak is dat hul geensins die bewording begryp nie en tog is dit so 'n wonderlike positiewe boodskap! Hoop jul geniet hierdie oomblik saam met ons en dat ons jul lagspiere so 'n bietjie kon kielie.
Hoop ons hoor van julle.
Afrikaanse Liefdegroete
Paul & Anita Du Plessis
