Jurie van den Heever, Hans Pietersen

Die Burger-gebruiker

Wetenskap gevestig ten spyte van kerk

deur Jurie van den Heever, Hans Pietersen
2012-01-07 02:47

Brandon van der Ventel se betoog (DB, 27.12) dat die moderne wetenskap eers onder ’n Christelike wêreldbeskouing begin floreer het, is oningelig en uit pas met die jongste navorsing.

Die Katolieke Kerk het die Weste van die 5de tot die 15de eeu oorheers en daar was geen wetenskaplike ontwaking nie. In die Bisantynse Ryk het die wetenskap ook nie sy kop gelig nie. Die Katolieke Kerk het dus nie in dié tyd “’n aktiewe rol gespeel in die bevordering van die wetenskap” nie.

Omdat die moderne wetenskap in ’n Westerse Christelike kultuur tot stand gekom het, volg dit nie outomaties dat eersgenoemde laasgenoemde veroorsaak het nie. Die historikus Richard Carrier wys daarop dat net omdat die grondleggers van die formele meetkunde politeïste was, dit nie beteken dat politeïsme die oorsaak daarvan was of dat meetkunde slegs deur politeïste gevestig kon word nie.

Wat gerieflikheidshalwe vergeet word, is die Katolieke Kerk se wurggreep op die samelewing. Dit het mense genoop om nuwe idees te formuleer asof dit tot die eer van God strek, anders kon hulle tot ketters verklaar word. Die Christelike wêreldbeeld is as bemarkingstrategie gebruik om nuwe bevindings aanvaarbaar te maak.

Die meer korrekte siening is dus dat die moderne wetenskap ten spyte van die Christendom gevestig is.

Jurie van den Heever, Hans Pietersen

Stellenbosch

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
101 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Renier sê... Liewe Lieben, jy slaan die spyker op sy pan. Ongelukkig (of gelukkig) het ek net die 2 de helfte gesien. Ek was nog nooit rerig bekommerd oor die Stormers nie, maar nou is ek bekommerd! Ons agterlyn sal baie moet verbeter as ons die koppie huistoe wil bring. Bring vir Jean uit na buitesenter want sy kort stormlopies beindruk nie meer nie. Die sinnelose geskop is ook baie jammer. Dalk het hulle (die Stormers) in 'n gemaksone beland. Ons kan nog wen as hulle nou wakker word. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2007
R 279,950.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 115,990.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.