- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Welkome potlood is weer vlymskerp
deur Adv. Willem Smit en vrinne
2012-02-07 00:00
Het iemand al aan Fred Mouton oorgedra dat ons hom geweldig gemis het tydens sy welverdiende eindjaarvakansie?
Met die In die Oomblik-foto’s in sy ruimte wonder ons maar die hele tyd waar hy vakansie hou en of hy iewers in ’n genotstoel oor see, strand en mense uitstaar en self daagliks sulke oomblikke ervaar en geniet.
Later dink ons Fred hou darem vanjaar lank vakansie.
Dan, skielik een oggend, is Fred terug in ons midde, met een van sy geniale, weldeurdagte, skerp kuns-en-kultuur-skeppings, soos net hy dit kan doen – met die potlood wat net nog skerper is as in enige vorige jaar.
Met Fred uiteindelik terug in ons midde, het die jaar eintlik nou eers regtig afgeskop.
Adv. Willem Smit en vrinne
Durbanville