- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
SA morpotte skree te veel ‘Wolf! Wolf!’
deur Derek van Rensburg
2012-02-06 00:00
Ons tjank te veel vir ons eie beswil.
J.J. Harmse se “Vrae oor blaser ná Blitse teen Fidji vasval” (DB, 06.02) moet binne ’n ongelukkige konteks beoordeel word, naamlik ons onsportiewe gewoonte om skeidsregters verdag te maak ná verloorwedstryde.
André Watson het, met goeie rede, Suid-Afrikaners die grootste whingers in die rugbywêreld genoem.
Dit herinner aan die Engelse sêding “cry wolf”: Die ou fabel vertel van ’n herdertjie wat klokslag vals alarms die lug ingestuur het met krete van “Wolf! Wolf!”, totdat mense mettertyd nie meer notisie van hom geneem het nie.
Toe die wolf die slag werklik opdaag, het die herdertjie se opregte krete op dowe ore geval.
Derek van Rensburg
Somerset-Wes