Hermien Basson

Die Burger-gebruiker

Poniepersagtige beriggewing is laakbaar

deur Hermien Basson
2012-01-30 05:06

Ek vind dit laakbaar dat Die Burger op die voorblad dit as feit aanbied dat die Voortrekkers dagga gerook het (“Die Voortrekkers het boom gerook...”, DB, 21.01).

Dit terwyl die skrywer, Robin ­Binckes, in die tersaaklike artikel in By erken “dit staan nêrens swart-op-wit dat die trekboere en Voortrekkers dagga gerook het nie”.

Om dit nog meer sensasiewekkend te maak, word die woorde “seks, dwelms, volkspele” in hoofletters op die voorblad geplaas met ’n Voortrekkerwa daarnaas. Die skrywer “bieg” eweneens dat wat die sekstonele in sy boek Canvas under the Sky betref, “hy ’n bietjie oordryf (sic) omdat die storielyn en die gebeure dit vereis het”. (Dis nie slegs oordrywing nie; dis absolute versinsels!)

Binckes duld dit nie dat naslaanwerke die trekboere “stokkerig en tweedimensioneel” uitbeeld nie. “Al wat hulle doen, is kerk toe gaan, bid en Bybellees.” Gevolglik versin hy ’n derde donker, degraderende dimensie wat nou as waarheid op die voorblad van Die Burger aangebied word.

Wat sou die motivering wees om hierdie ondermynende onwaarhede oor die Voortrekkers te skryf?

Dan kapitaliseer die skrywer in sy volgende boek, The Great Trek Uncut, op beskrywings van reisskrywers wat Trekkers blykbaar skets as “unwilling to work and unable to think”. Tog snaaks dat die “lui en traag” en dom trekboere enkele dekades later die magtige Brittanje in die Eerste Anglo-Boereoorlog (1880-1881) verslaan het.

Ek glo Die Burger is beter aan sy lesers verskuldig as hierdie poniepers-agtige beriggewing.

Hermien Basson

Wellington

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Thys sê... O ja, dit was - en is steeds moreel regverdigbaar. Gaan kyk en leer maar net na die voortgesette balkanisering in Oos-Europa en ook die voortgesette etniese twiste in Afrika. Die probleem was nie die teorie nie, dit was die praktyk - en die oorname van die linksliberales onder PW en Pik van die NP en sy beleid. Die konsep van radikale partisie en 'n federatiewe saambestaan van SUIDER-Afrikaanse lande het sterk na vore begin kom - maar is in '78 se premiersverkiesing en in 84 se nuwe bedeling doodgesmoor. Dit is tyd dat julle wat hierdie beleidsverandering destyds so sterk gesteun het, begin erken dat dit 'n groot fout was. Ons het julle gewaarsku dat dit tot swart meerderheidsbewind gaan lei, maar julle wou nie hoor nie. Julle skuld vir die gemors waarin ons is, le^ dik en diep. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2007
R 279,950.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 115,990.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.