Breyten Breytenbach

New York
Die Burger-gebruiker

Oor Malema, Krog en versoening

deur Breyten Breytenbach
2009-11-13 00:07

Ek dink Antjie Krog slaan die bal ’n bietjie skeef betreffende die beweegredes vir Julius Malema se optredes.

Dat rassisme springlewendig is hier en bykans oral ter wêreld, is so waar soos ’n donkie. Dis ’n feit dat wit mense in die algemeen geen begrip het of selfs kan hê van die dieptes van ellende en lyding van swart mense deur die eeue nie, wat aan hulle toedoen toegeskryf moet word. Dat die media in hulle roederlose gebrek aan ’n morele deontologie die vure stook, onder meer deur die verguising van onbevoegde swart bedryfsleiers en politieke trogvrate, word daagliks oor die blaaie geblaker.

Dat die oorgrote medemensliewende meerderheid siek en sat is vir die gemors in Suid-Afrika en ook versot is op die eina-lekker rillings van sensasie, is tog duidelik.

Maar dat Malema “ ’n gebrek aan begrip” verwoord? Aikôna. Buitendien, dis nou regtig neerbuigend om hom so te wil sien – amper asof hy nie anders te kere kan gaan gesien sy geskende agtergrond nie.

Malema is nie ’n slagoffer van rassisme nie. Of nie meer nie: as trotse aktivis het hy immers die imperialiste verslaan en hy sien enige dag kans vir hulle kinders ook. Hy is eerder die dikgevrete produk van ’n kultuur van toe-eiening. Hierin verlustig hy hom soos die spreekwoordelike werfdier wat in die modder rol.

Indien Krog by implikasie wil betoog dat Versoening met kleed om die enkels in die veiligheidsdraad verstrik geraak het, stem ek met haar saam. Met wie en vir wat sou Malema hom ook moet versoen?

Ek vermoed Malema verwoord die versugting van ’n beduidende persentasie swart mense dat die wittes so gou moontlik moet padgee, met dien verstande natuurlik dat hulle hul sleutels, karre, beursies, aandele, selfone, vuurwapens, drank, tuinvurke en dergelike agterlaat. Ek dink Malema verwys daarna as ’n “oorhandiging van vaardighede”.

En ek is bevrees dit gaan nie veel méér begrip kweek wanneer wit mense op die knieë kruip en mea culpa blêr nie. Ek glo nie die ander wang gaan die onvermydelike kan keer of afkeer nie.
 

Beoordeel hierdie artikel:

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Blip sê... Jackivdm is heeltemal korrek -- daar's altyd 'n "law of unintended consequences", soos die Engelse spreekwoord lui. Die "kwota" stelsel SAL altyd 'n klomp perverse gevolge dra -- en, soos sy uitlig, die prestasiegaping tussen die wit super-elite en die swart bo-gemiddeld dog ordiner kwotas is iets wat keer op keer SAL tevoorskyn kom. En dit SAL onbedagte en onjuiste beskuldigings van "rassisme" lok. Dit kan maklik ontlont word deur 'n klompie genommerde-dog-ongeidentifiseerde antwoordstelle weg te stuur vir eksterne moderasie, selfs deur swart eweknie-vakkundiges. As hulle die antwoorde in dieselfde ordinale ranglys rangskik, dan kan daar mos nie rassisme wees nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.