- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Lui, lui, selfoon, al lê pasiënt glo en wag
deur Madeleine Roux
2012-02-02 00:00
Die beweerde swak sorg wat ’n pasiënt in ’n hospitaal in Bellville ervaar het terwyl verpleegkundiges op hul selfone gesels het, is ontstellend (DB, 01.02).
Kyk net hoeveel mense wat behoort te werk, ’n selfoon as ’n geselstelefoon gebruik.
Hulle sal ook nie aflui as jy na hulle kyk nie, al sit hulle in ’n kantoor en gesels.
Na my mening behoort werkgewers opdrag te gee dat selfone slegs tydens teepouses of middagete gebruik mag word.
As daar ’n dringende oproep is, gebruik ’n alarm-kode.
Selfone is nuttig in noodgevalle soos padbotsings, dringende familiesake en inbrake in huise.
Madeleine Roux
Montagu