Johann Baard

Die Burger-gebruiker

‘Local’ is lekker, ook vir Juju-klerereeks

deur Johann Baard
2011-12-30 18:31

Ek het die berigte oor die nuwe klerereeks wat deur Julius Malema geïnspireer is, met ’n groot skeut skeptisisme gelees.

Die ontwerper, Obakeng Ramabodu, het na berig word gesê die Juju-reeks gaan (nogal) in China gemaak word omdat Suid-Afrika nie oor die masjinerie beskik om klere van hoë gehalte te maak nie.

Klere word nie deur masjiene gemaak nie, maar deur hoogs vaardige werkers, wat baie belangriker vir die produksie van klere van gehalte is as die tegnologie wat betrokke is.

Tweedens is die tegnologie vir die maak van klere, barette en pette wel in Suid-Afrika beskikbaar en van dieselfde standaard as die meeste wat in China aangebied word. Die belangrikste verskil is die produksiekoste en dus die ruimte vir winsmaksimering deur die plaaslike verkoper.

Die Apparel Manufacturers of SA (Amsa) bly oortuig dat ’n duidelike onderskeid getref moet word tussen “mededingendheid” en “produktiwiteit”. Suid-Afrikaanse klerevervaardigers is oor die algemeen baie produktief. Talle voldoen aan wêreldgehalte-vervaardigingstandaarde, wat onafhanklik gemeet en geëvalueer word.

Desondanks is daar baie redes waarom hulle nie altyd internasionaal mededingend is nie: Ons arbeids- en materiaalkoste, die reuse-subsidies wat Chinese vervaardigers kry, ’n onmededingende wisselkoers, doeane-bedrog en onwettige invoere. Belanghebbers in ons sektor maak belowende vordering om oplossings te vind.

Ek wil Ramabodu vra om my kantoor te kontak voordat hy sy bestelling met China bevestig. Alle patriotiese burgers, met inbegrip van Malema, sal bevestig “local” is lekker!

Johann Baard

Uitvoerende direkteur: Amsa

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Thys sê... O ja, dit was - en is steeds moreel regverdigbaar. Gaan kyk en leer maar net na die voortgesette balkanisering in Oos-Europa en ook die voortgesette etniese twiste in Afrika. Die probleem was nie die teorie nie, dit was die praktyk - en die oorname van die linksliberales onder PW en Pik van die NP en sy beleid. Die konsep van radikale partisie en 'n federatiewe saambestaan van SUIDER-Afrikaanse lande het sterk na vore begin kom - maar is in '78 se premiersverkiesing en in 84 se nuwe bedeling doodgesmoor. Dit is tyd dat julle wat hierdie beleidsverandering destyds so sterk gesteun het, begin erken dat dit 'n groot fout was. Ons het julle gewaarsku dat dit tot swart meerderheidsbewind gaan lei, maar julle wou nie hoor nie. Julle skuld vir die gemors waarin ons is, le^ dik en diep. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Project Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2007
R 279,950.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 115,990.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.