- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Laat grondwethof wette eers bekyk
deur René H. Truter
2012-02-09 00:00
Die ANC se hoogs aanvegbare taalwet is geensins goed oordink nie. Dit is verdelend en ongrondwetlik. Dat hy boonop Afrikaans nie as ’n inheemse taal beskou nie, is olie op die vuur.
Die Grondwet bepaal dat die nasionale en provinsiale regerings enige amptelike tale vir hul doeleindes kan aanwend, met inagneming van sekere oorwegings. Daar is nêrens sprake van die inheemse status van tale nie of voorsiening dat die regering ’n eensydig taalbeleid aan tweede- en derdevlakregerings kan opdwing nie. Hiervoor is ’n wysiging van die Grondwet myns insiens nodig.
Die koste van die voorbereiding en oorweging van ongrondwetlike wetgewing kan vermy word as dit eers aan die konstitusionele hof voorgelê word.
René H. Truter
Bellville