Hannes Meiring & Chris Stander

Stellenbosch
Die Burger-gebruiker

Keer die sloping van 1928-huis in Stellenbosch

deur Hannes Meiring & Chris Stander
2010-02-02 22:55

Agter die Moederkerk in Stellenbosch is daar ’n doodloopstraatjie, Minseriestraat. Die laaste drie huise regs, nr. 1, 3 & 5, is eners met dieselfde gewel en datum (1928) daarop, gebou deur die destydse hardewarehandelaar Isaac Perel.

Hulle vorm ’n unieke straatbeeld, esteties en argitektonies, en verteenwoordig ’n ware ou-Stellenbosse atmosfeer.

No. 1 Minseriestraat is op ’n veiling verkoop en die eienaar wil die huis teen Vrydag sloop en vervang met ’n nuwe woonhuis met ’n keldervloer vir 5 motors, ’n hyser en ’n dubbelverdieping bogronds. Hiervoor het hy die goedkeuring van die owerhede gekry. Die Stellenbosch Belangegroep het dit konsekwent teengestaan, die Stellenbosch Erfenisstigting het dit eers goedgekeur en later herbesin, die Wes-Kaap Erfeniskomitee en die Appèlkomitee het dit afgekeur en die Tribunaal, aangestel deur die minister van kultuursake, het dit finaal goedgekeur.

Die ontwerp van die nuwe huis word as van so ’n hoë kontemporêre styl beskryf dat dit skynbaar die skaal geswaai het ten gunste van sloping, wat kwansuis “esteties meer aanvaarbaar sal wees en meer karakter aan die omgewing sal bring. Die eienaar sou graag die ou huis wou behou en veranderinge en aanbouings daaraan wou doen, maar die gebou het ongelukkig met die jare so verouder en verswak” dat dit nie moontlik is nie – aanhalings uit die suksesvolle aansoek om sloping.

Ons stem nie saam nie. Ons is nie teen nuwe ontwikkeling in die historiese kern nie, maar hier word die menslike skaal versteur en die eenheid van die drie (stewig geboude) huise verbreek.

Op ’n noodvergadering op 21 Januarie is by die eienaar gepleit om die voorbeeld van die huis langsaan te volg waar uitbreidings gedoen is sonder dat die menslike skaal of straatbeeld verdwyn het.

Ons versoek dat die eienaar herbesin. Menige Stellenbosser sal hom geslagte lank dankbaar bly.
 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Erich sê... Moeilik om te se - daar is nie 'n etikel wat se 'spawn in country X, caught in country X nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.