- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Jool was veel meer as blommetjies vou
deur Erhard Beukes
2012-01-30 18:52
Ek verwys na die berig “US-koshuisbewoners trek in” (DB, 26.01). Volgens Ane Beukes, die HK-lid van Sonop, gaan hulle “nie blommetjies vou vir die vlotte nie”.
Vir dié wat nie weet nie en dit ook nie kan begryp nie: Die jool en gepaardgaande vlotoptog het oor meer as net dit gegaan. Dit was ’n proses waardeur mense saamgekom het om ’n doel te bereik. Die samewerking om ’n bepaalde doel te bereik het gelei tot groepsbou, -identiteit en -trots: ’n soort esprit de corps wat uniekheid aan so ’n inrigting verleen.
Dit is alles deel van die opvoedingsproses om beginsels en waardes by mense te laat posvat.
Maar op Stellenbosch het dit mos nie meer plek nie, want alles wat net ruik na tradisie of ’n bepaalde kultuur word vernietig.
Die doel was om geld vir behoeftige mense in te samel, en almal het deelgeneem en dit geniet.
Om nie te praat van die finansiële voordeel wat die dorp daaruit geput het nie.
Erhard Beukes
Parow