- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Is personeel blind vir hond as mens se oë?
deur Dirkie
2011-12-29 21:09
’n Blinde vrou gaan met haar hond inkopies doen en wil ’n melkskommel by McDonald’s drink, maar word summier weggejaag. Kan die mense nie sien die hond is die mens se oë nie?
Magtig mense, die honde is in harnasse en lei hul eienaars.
McDonald’s het geen bemarkingsvaardighede nie. Hy sien my en my gesin nooit weer nie.
Dirkie
Strand