- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Hoop Heyneke sien die lig oor Fourie
deur Johan Viljoen
2012-02-08 00:00
Volgens mediaberigte die naweek word beweer Heyneke Meyer, die nuwe Bokafrigter, dink daaraan om Fourie du Preez as kaptein te oorweeg.
Meyer het by sy mediabekendstelling en daarna bevestig dat ’n kaptein sy plek in die span sal moet verdien. As iemand wat volle vertroue in die nuwe afrigter het, laat hierdie moontlikheid my wonder.
Du Preez was in die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland loshande die swakste speler in die groep. Sy gebrek aan fiksheid was hoofsaaklik verantwoordelik vir ons agterlyn se onvermoë om met dié van die beste ander spanne mee te ding.
Daar word vertrou dat Meyer tot beter insigte sal kom voordat die Bokke vanjaar se toetse aandurf.
Johan Viljoen
Durbanville