Reinhold Swart

Die Burger-gebruiker

Hollywood kom Durbanville toe

deur Reinhold Swart
2012-02-03 00:00

Ek staan voor Saagsels en Skaafsels in Oxfordstraat, Durbanville. ’n Vrou gil angsbevange, ’n motor toet verwoed, en ’n skoot klap. Ons is deel van die jongste misdaadstatistieke, en Die Burger berig: “Twee vas ná wilde skietdrama” (01.02).

Mense skarrel, maar geen teken van ’n greintjie vrees op hul gesig nie. Meer soos ’n bok-in-die-hok-spelery – koes-koes, wie kry volgende die tennisbal tussen die blaaie.

’n Jongman in ’n grasgroen T-hemp kom voluit om die hoek gehardloop, en ek wonder as dit ’n rower is, wat my nou te doen staan. Die vonkel in sy oë en breë glimlag op sy mond sê optrede is onnodig.

Hy skuil saam met die ander agter die Soet Bistro se muur, maar spoedig glip hy in Wellingtonstraat af. Tellings later kom hy weer om die hoek gehardloop; die rowers het nou voor Ackermans toegeslaan.

Hy is uitasem, maar tevrede soos die ander om deel van hierdie Hollywood-opwinding te wees.

Die polisie is daar en masse, en ek voel dit is nou veilig om oor die kruising na Absa te stap. Ook daar bondel mense saam, en elk probeer die ander met sy weergawe van die gebeure oortuig.

Asof niks gebeur het nie, vleg die bankbesoekers deur die polisie se heldergeel afsperbande om groot bedrae maandeinde-kontant te kom deponeer, en in die bank word die note deur die tellers in ander se wagtende hande afgetel.

Die oom voor my in die ry sorg vir die gebruiklike galgehumor. Sy grappie eindig met: “Ou seun, gaan haal gou Pa se haelgeweer en balaklawa, en sê sommer vir jou ma ek is gou bank toe om geld te trek.”

Almal is darem dankbaar daar was geen ongevalle nie.

Reinhold Swart

Stellenryk

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Sedge sê... Wat my bekommer is dat daar selde 'n plan B te bespeur is. As dinge lol kan daar nie van plan verander word nie. Die Waratahs het na halftyd duidelik met 'n plan B op die veld gekom en almal weet wat die gevolg was. Ek stem saam met Ouman dat daar beslis vir die Stormers 'n pak of 2 wag teen genoemde spanne. Kan net nie sien hoe hulle die reeks kan wen met die huidige benadering nie. Hoop ek word verkeerd bewys! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2007
R 279,950.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 115,990.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.