Carel Greyling

Die Burger-gebruiker

Beheptheid met dié vakke moet end kry

deur Carel Greyling
2012-02-01 03:57

Ek verwys na Ben du Plessis se brief “Kunstenaars kan nie infrastruktuur skep” (DB, 30.01). Ek dink hy slaan die bal heeltemal mis oor die ware doel van my brief (DB, 28.01), wat hoofsaaklik gaan oor die dilemma van leerders wat nie wiskunde op ’n senior sekondêre vlak kan doen nie, maar gedwing word.

Du Plessis se beklemtoning van die land se infrastruktuur laat my wonder wat hy dink van al die geleerdes in die geesteswetenskappe (ook van groot belang in die ontwikkeling van denke oor die algemeen) en of hulle dan liefs hul taak moet neerlê ter wille van die wetenskap.

Ek stel voor leerders met ’n sterk aanleg in wiskunde en rekeningkunde word geïdentifiseer en die regering stel hulle almal met beurse in staat om die dringende behoefte in die wetenskappe te vul. Akademiese kwalifikasies in rekeningkunde sal ook help om die verskillende owerhede se boeke te laat klop.

“Onwiskundig” se brief (30.01) wys wat kan voortvloei uit die regte persoon op die regte plek met die regte vakkeuse. In die onderwys gaan dit eerstens om elke leerder maksimaal te laat voordeel trek uit die onderwys, wat sekerlik deur ons land se Grondwet gewaarborg word. Leerders moet hul volle potensiaal kan verwesenlik en die land dien met talente in elke samelewingsektor.

Ek dink dit is hoog tyd dat die fanatiese beheptheid met wiskunde en wetenskap (ek betwyfel nie die belang daarvan vir vooruitgang nie) ten koste van al die ander end kry.

Carel Greyling

Kuilsrivier

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Briewe-kommentaar

Sedge sê... Wat my bekommer is dat daar selde 'n plan B te bespeur is. As dinge lol kan daar nie van plan verander word nie. Die Waratahs het na halftyd duidelik met 'n plan B op die veld gekom en almal weet wat die gevolg was. Ek stem saam met Ouman dat daar beslis vir die Stormers 'n pak of 2 wag teen genoemde spanne. Kan net nie sien hoe hulle die reeks kan wen met die huidige benadering nie. Hoop ek word verkeerd bewys! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.