Valerige Civic bied steeds baie

2012-02-02 06:00

Die nuwe Honda Civic se agterkant.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoe verbeter ’n mens noemenswaardig ’n motor waarvan die vorige model reeds die standaard gestel het ten opsigte van waarde, gehalte, verfyndheid en betroubaarheid?

Ek verwys nou na Honda se vorige Civic-sedan, Suid-Afrika se Motor van die Jaar in 2007. Dit kan sekerlik nie maklik wees nie en met die standaard wat met die vorige model so hoog gestel is, het ’n mens groot verwagtinge van die nuwe model, wat pas bekend gestel is.

Die nuwe Civic, nou al die negende generasie, stel met die eerste oogopslag effens teleur. Die ontwerp is netjies en die lyne val sag op die oog, maar daarin lê eintlik die probleem. Daar is niks vreeslik opwindend aan die ontwerp nie, niks wat die hart vinniger te laat klop nie. Ongelukkig lyk die nuwe Civic te veel na net nog ’n middelgrootte gesinsedan.

Nie dat hy enigsins lelik is nie; net effens vaal.

Van voor lyk hy baie soos ’n groter weergawe van die Ballade en van agter herinner die ligte nogal aan die vorige Camry, wat nie meer met ons is nie. In geheel beskou lyk hy darem beter as die vorige model, waarvan veral die agterkant nogal onder kritiek deurgeloop het. Die nuwe model is, anders as wat die gebruik is, effens kleiner as die vorige model. Die lengte is 15 mm minder en die wielbasis het met 30mm gekrimp.

Tog is daar met slim verpakking nou 75 mm meer skouerruimte, sowel as 40 mm meer beenruimte agter. Die bagasieruim het met 51 liter tot 440 liter gegroei.

Enjingewys is die reeks uitgebrei met die toevoeging van ’n 1,6 liter-16 klep-DOHC-petrolenjin wat 92 kW teen 6 500 r/min. en 151 Nm teen 4 300 r/min. lewer.

Verder is daar die reeds bekende 1,8 liter-iVTEC-pertrolenjin wat in die vorige model te kry was, maar met ’n paar tegniese verbeteringe met beter brandstofverbruik en ’n effens groter kraguitset van 104 kW teen 6 500 r/min. (voorheen 103 kW) en 174 Nm teen 4 300 r/min. spog. Albei enjins bied die keuse van ’n vyfganghandratkas of vyfgang- outomatiese ratkas.

Die vlagskipmodel is ook met ratspane agter die stuur toegerus.

Slegs die 1,8 liter-model was op die bekendstelling beskikbaar (die 1,6-liter kom later die maand) om getoets te word. Die enjin voel bo verwagting heel lewendig en hou van hoë toere.

Net teen lang opdraandes laat hy jou effens in die steek en moet ’n laer rat dikwels gekies word. Boonop is die enjin nie van die stilste nie, veral as die toere begin klim. Die handratkas se skakelaksie voel solied en goed gedefinieer. Die outomatiese ratkas skakel oor die algemeen glad en vinnig oor en daar is ook nie ’n irriterende “gesoek” na ratte nie. Die Civic speel goed klaar met enige slegte paaie en bied ’n aangename rit, terwyl die stuurgevoel en hantering ook heel bevredigend is.

As die buitekant effens vaal voorkom, is die binnekant amper die teenoorgestelde. Vir diegene wat nie van die vorige model se “futuristiese” instrumentpaneel met sy verskeie “lae” gehou het nie, is daar slegte nuus, dié ontwerpelement is terug. Min of meer dieselfde beginsel geld as voorheen, naamlik dat die belangrikste inligting soos voertuigsnelheid en brandstoflesing digitaal in die boonste helfte binne die bestuurder se gesigveld vertoon word; met die minder belangrike inligting soos enjintoere en ander waarskuwingsliggies in die onderste helfte.

In die nuwe model is daar nou ’n volkleur-LCD-skerm links van die ander instrumentasie. Die radio/CD-speler en multimedia se funksies, asook inligting soos onder meer gemiddelde brandstofverbruik, word daarop vertoon.

Hierdie ontwerp werk goed, hoewel die instrumentpaneel effens “besig” voorkom.

Die afwerking binne lyk goed, maar daar is geen sagte plastiek op die instrumentpaneel nie, maar darem wel in die deure.

Die binnekant voel nie beknop nie en selfs langer passasiers behoort genoegsame been- en kopruimte te hê, terwyl die stuur reik- en hoogteverstelbaar is.

Daar is drie afwerkingsvlakke, Comfort, Elegance en Executive.

Selfs die Comfort as intreevlakmodel is goed toegerus met onder meer allooiwiele, ritrekenaar, lugversorging, radio/CD/MP3-speler en elektriese ruite en kantspieëls.

Die Elegance kry dinge soos klimaatbeheer, leersitplekke, veelfunksie-stuurwiel en snelheidsbeheer, asook USB- en iPod-sokke en Bluetooth-verbinding, by.

Die Executive spog met ’n paar ekstra ontwerp­elemente aan die buitekant, asook onder meer outomatiese ligte en ruitveërs en ekstra veiligheidstoerusting.

Ten opsigte van voorkoms is die nuwe Civic dalk nie ’n groot deurbraak nie, maar kopers in dié marksegment, veral met jonger gesinne, behoort steeds verseker te kan wees van Honda-bougehalte, ’n aangename ryervaring, effektiewe enjins en ’n omvangryke toerustingvlak; alles teen heel mededingende pryse. En dis tog al wat wérklik saak maak.

- Pryse:
1.6 Comfort (handrat) R209 900;
1.6 Comfort (outomaties) R221 900; 1.8 Comfort (handrat) R229 900;
1.8 Comfort (outomaties) R241 900; 1.8 Elegance (handrat) R259 900;
1.8 Elegance (outomaties) R271 900;
1.8 Executive (handrat) R269 900;
1.8 Executive (outomaties) R282 900.
 

Honda se familie-identiteit slaan sterk deur met die nuwe Civic-sedan wat baie na die groter Accord en die kleiner Ballade trek.


Die binneruim lyk meer na ’n Star Trek-ruimteskip, maar alles is tog logies en duidelik uitgelê.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Internal Auditor

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R500000

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.