Hope plek in Avanza-wa

2012-02-16 06:00

Pakplek en nogmaals pakplek is waarvoor dié wa gebou is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toyota se jongste Avanza is nou ook in paneelwa-formaat beskikbaar waarin die gemak en gehalte van ’n veeldoelvoertuig en die gehardheid van ’n handelsvoertuig gekombineer word, aldus die vervaardiger.

Die paneelwa het munt geslaan uit dieselfde ontwerp- en ingenieursveranderinge as dié wat pas aan die res van die Avanza-reeks gemaak is. ’n Splinternuwe buitekant, nuwe binneruim-stilering, ’n groter kajuit (wat tot ’n aansienlik groter bagasieruim gelei het), gemak- en veiligheidsverbeterings, enjinverfynings en groot veringverbeterings is maar net van die nuwighede.

Die groter vragruim is pasgemaak vir praktiese gebruik:

- Die bagasieruim het ’n lae drumpel en groot opening, wat laaiwerk vergemaklik;

- Die bodem is plat en met duursame viniel bedek;

- Die voertuig het ’n dravermoë van 500 kg, wat dit ideaal maak vir klein tot mediumgrootte ondernemings;

- Daar is ’n ingeslote vragruimnet waarmee die vrag op sy plek gehou word;

- Die agterdeure sorg dat jy maklik by die vrag kan uitkom en die vensters (wat elektries beheer word) is donker gemaak om diewe te ontmoedig.

Daar is ook ’n elektriese kragstuur, dubbele lugsakke voor, ’n alarm/immobiliseerder, ABS-remme, afstandbeheerde sentrale sluiting en elektries beheerde vensters (voor en agter).

Die nuwe Avanza se splinternuwe, herontwerpte veerstelsel bestaan uit ’n McPherson-stuttipe vering voor en ’n vyfskakeltipe agtervering (vierskakelkoppeling met dwarsbeheerstaaf) gekombineer met kronkelvere.

Sommige unieke eienskappe van die Avanza-paneelwa is:

- In teenstelling met die draaisirkel van 5 m of meer van die Avanza se mededingers met hul FF-uitleg (voorgemonteerde enjin met voorwielaandrywing) behels die Avanza se FR (voorgemonteerde enjin met agterwielaandrywing) ’n groot stuurhoek, wat vir goeie draaibeweging sorg; en

- Die Avanza-paneelwa benut die positiewe eienskappe van die FR-uitleg vir die beste grondvryhoogte (200 mm) in sy klas (oorgedra van die vorige model).

Die nuwe Avanza-paneelwa word deur ’n verbeterde weergawe van die K3-VE-enjin van 1,3 liter (67 kW/117 Nm) met VVT-i (veranderlike kleptydreëling) aangedryf.

Die nuwe model se gewigsvermindering van nagenoeg 20 kg sorg vir beter versnelling, remverrigting en brandstofekonomie.

Van die nuweling se kernsyfers is ’n gemiddelde verbruiksyfer van net 7,7 liter/100 km in die gekombineerde siklus en ’n versneltyd van 11,9 sekondes vir die verpligte 0-100 km/h-naellopie.

Die nuwe Avanza-paneelwa is met ’n vyfgang-handratkas toegerus.

- Die Avanza 1.3 S-paneelwa kos R161 400 (BTW en uitlaatbelasting ingesluit).

Die Avanza-paneelwa het net soos sy stalmaats ’n ToyotaCare-versienplan van vier jaar of 60 000 km wat by die koopprys ingesluit is (versieningstussenposes is elke 15 000 km), sowel as

Toyota se fabriekswaarborg van drie jaar of 100 000 km.


Toyota se nuwe Avanza-paneelwa.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.