’n Geskenk vir alle kinders

2010-04-20 21:57

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met ’n doodgewone, maar dapper Suid-Afrikaanse dogtertjie, Phapo, en ’n eg Suid-Afrikaanse storie wil die maatskaplike werker en skrywer Marita van Aswegen
vir kinders wys hulle is belangrik, skryf Riëtte Grobler.

Om met kinders oor die blommetjies en bytjies te gesels is moeilik. Om boonop kwessies soos maagdelikheid, vigs en die dood by so ’n gesprek in te klits, klink dalk na ’n onmoontlike opdrag.

Dit is egter presies wat die skrywer en maatskaplike werker Marita van Aswegen op ’n sensitiewe en kindervriendelike manier doen in haar boek, Phapo se geskenk.

Phapo is ’n tienjarige meisietjie op die platteland. Haar pa, met wie sy ’n hegte band het, is sterwend weens vigs.

Boonop flikflooi die seuns al hoe meer met haar langs die grondpad waarlangs sy 5?km skool toe moet stap en verdwyn een van haar ouer maatjies dikwels agter die bome saam met ’n kêrel.

Hoewel Phapo gekonfronteer word met dié dinge, bly sy ’n kind. Een wat droom van ’n pop met baie rokke en van ’n blink toekoms.

Nadat haar ouma met haar oor haar kosbare vrug, maagdelikheid, gesels het, is sy vasbeslote om niemand toe te laat om haar daarvan te ontneem nie.
Die towerkrag van kindwees

“Ek besef die boek kan dalk omstrede klink, maar dit is nie die doel nie. Kinders lê my na aan die hart en my belangrikste doel met die boek is om aan alle kinders dié boodskap te stuur: Jý is ook belangrik,” verduidelik Van Aswegen.

“Dit sal so hartseer wees as die magic uit kindwees verdwyn,” sê sy, maar voeg by jy moet kinders inlig om hulle te help om dié towerkrag te behou. Oor kritiek dat haar boek prekerig mag voorkom, trek Van Aswegen net haar skouers op.

“Ek wil ook nie hê mense moet vir my preek nie, maar ek wil graag ingelig word,” sê sy. “Met die boek wou ek vir kinders wys hul maagdelikheid is nét hulle s’n.
“Ek dink dit is belangrik om met kinders oor moeilike onderwerpe te gesels.

“Ons, ouers, wil ons kinders teen die harde werklikheid beskerm, maar die werklikheid is dat kinders tog daaraan blootgestel word,” vertel Van Aswegen, wat as maatskaplike werker dikwels met kinders te doen kry wat seksueel mishandel is.

“Die boodskap wat ons met hulle behoort te deel is: Al het jy jou ouers verloor, al is jy mishandel en al het jy níks, bly daardie iemand wat jy ís, belangrik,” beduie sy passievol.

Die dinge wat kinders sien
As boervrou woon sy al 36 jaar lank saam met haar man op hul Vrystaatse plaas en sien sy daagliks hoe kinders, nes Phapo, etlike kilometers skool toe moet stap. Ander het een of albei ouers verloor en word deur familielede versorg of deel ’n klein woonruimte met baie ander mense.

Gevolglik sien en hoor hulle dinge waaraan hulle nie blootgestel behoort te word nie.

“Hoewel sulke kinders op die oog af meer seks-wise mag voorkom, verstaan hulle as kinders nie werklik begryp waaroor seks gaan nie,” sê Van Aswegen.
“Dan is die enigste plek waar

iemand onderwerpe soos seks en vigs op hul vlak met hulle bespreek, ’n boek soos hierdie een, waaraan hulle dalk by die skool blootgestel word,” verduidelik sy.

Selfs kinders wat in beskermende, liefdevolle huishoudings grootword en nie noodwendig Phapo se leefwêreld deel nie, sal kan baat vind by die boek, meen Van Aswegen.

Oor die boek
Phapo se geskenk leer kinders oor die impak van vigs en die voordele van seksuele onthouding.

Die illustreerder Fanie Viljoen se prentjies verhelder die bladsye en die eenvoudige verhaallyn maak daarvan ’n lekkerlees-boek.

Die boek word uitgegee deur Knowledge Thirst Media en kos R95. Die ISBN is 9780?6204?57255.



binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.