Pols: Net die regte woef vir jou

2012-02-07 22:39

’n Ruharige kollie is baie intelligent. Foto: Joyrene Kramer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Om die regte hond vir jou of jou gesin te kies, is ’n takie wat jy nie ligtelik moet aanpak nie, want dié vriend gaan waarskynlik vir die volgende tien tot 15 jaar deel van jul huishouding wees.

“Mense moet ’n nuwe hond aanpak asof hulle ’n nuwe motor koop,” sê me. Kathy Clayton, ’n geakkrediteerde dieregedrag-konsultant en professionele honde-opleier.

“Doen jou huiswerk. Gesels met mense oor die ras, vind uit hoeveel ruimte, aandag en kos die hond nodig gaan hê en maak seker dit pas by jul lewenstyl.

“Gesels met die hele gesin oor waarom julle nou eintlik ’n hond wil aanneem. Maak seker julle kan dit bekostig. Babahondjies moet tot op vier maande ingeënt word en daarna jaarliks. Dit kos geld. Dan is daar die kos en ander veeartskoste waarvoor jy nie begroot nie.

“Alle klein hondjies moet geleer word, al is dit nie noodwendig by ’n hondeskool nie. Het julle tyd om dit te doen?”

Honderasse in Suid-Afrika word in sewe kategorieë ingedeel: skiethonde (gundogs), jaghonde (hounds), herdershonde (herding), terriërs, speelhonde (toys), werkershonde (working) en dienshonde (utility).

Skiethonde word geteel om te versamel en dra graag goed rond. Hulle is aktief, wíl werk en doen maklik kwaad as hulle verveeld is, sê Clayton.

Herdershonde is geteel om skape en vee te lei. Hulle is gek daaroor om te werk en as hulle verveeld is, sal hul enigiets probeer lei, van katte en kinders tot ander honde. Hulle moet opgelei en gestimuleer word.

Jaghonde benodig baie oefening en ruimte. Dié tropdiere kan nie alleen aangehou word nie. Hulle druk graag hul snoete in die grond en kan “lekker hardkoppig” wees.

Volgens Clayton word terriërs geteel om hul prooi te jaag en te vang en sal enigiets jaag wat beweeg, veral katte en hase.

“Ongelukkig maak terriërs instinktief dood as hulle hul prooi vang. As hulle nie vroeg geleer word om te sosialiseer nie, is hulle baie sleg met ander honde. Sommige telers hou van dié aggressie, maar ’n terriër wat hom swak gedra, is gevaarlik,” sê sy.

Speelhonde is liefdevolle skoothondjies en hou daarvan om na aan mense te wees, selfs om gedra en vertroetel te word.

Maar onthou, hulle bly honde.

“Dienshonde word om ’n spesifieke doel geteel. Poedels is byvoorbeeld baie slim en hou daarvan om te werk, terwyl bulhonde geteel is om te veg. Indien hulle nie gesosialiseer word nie, kan hulle meer aggressief wees as ander honde.”

Werkershonde word hoofsaaklik geteel om mense op te pas.

Duitse herdershonde, rottweilers en dobermanns word dikwels gebruik om eiendom op te pas. Hulle is lieflike gesinshonde en moet so veel moontlik ingesluit word by die gesinsrangorde.

Hulle hou nie daarvan om alleen buite te bly sonder interaksie nie. Boksers is hiperaktiewe gesinshonde, terwyl Siberiese poolhonde en eskimohonde geteel is om sleë te trek en baie ruimte en oefening benodig.

Honde en kinders


Vind soveel moontlik oor die ras se temperament en geskiedenis met kinders uit voor jy kies, sê Clayton. Praat met telers oor die hond se ouers en ken die goeie en slegte punte van die ras. Gaan na ’n hondeskool, kyk na die honde en praat met die opleiers. ’n Veearts kan jou ook meer vertel oor ’n ras.

“Moenie ’n babahondjie koop in ’n oomblik van swakheid nie. Alle hondjies is vrek oulik as hulle klein is,” sê Clayton.

Volgens me. Christine van der Westhuizen, ’n instrukteur en dierekenner van die SA Dog Training College and Kennels in Alberton, kan enige honderas goed wees met kinders as hulle goed geteel en geleer is.

“Daar is egter sekere rasse wat beter vaar met kinders, soos apporteerhonde wat saggeaard is,” sê Van der Westhuizen.

“Enige hond wat deur kinders getart of seergemaak word, kan ’n gevaar inhou,” sê sy.

Baas van die plaas

Die grootte van jou erf is een van die belangrikste faktore om in ag te neem wanneer jy ’n hond kies, juis omdat baie honde gedragsprobleme toon wanneer ’n erf te klein is.

“Baie mense maak die fout om te dink klein hondjies het klein erwe nodig, terwyl hulle dikwels die outjies is wat die moeilikheid veroorsaak in plekke soos meenthuiskomplekse.

“’n Jack Russell is ’n goeie voorbeeld van ’n klein brakkie wat juis ’n groot erf nodig het omdat hulle so aktief is. Sodra hulle verveeld is, grawe, spring, kou en blaf hulle, meestal tot die bure se frustrasie!

“Van die groot honde is weer regte luiaards en meer as gelukkig om heeldag agter in die sonnetjie van ’n klein erfie te lê,” sê Clayton.

’n Hond vir elke doel

  • Skiethonde: labradors, apporteerhonde (golden retrievers), spanjoele, setters, weimaraners en patryshonde.
  • Herdershonde: borderkollies, kollies, Skotse ponies, Walliese herdershonde, baardkollies, bouviers, ou Engelse skaaphonde en Australiese skaaphonde.
  • Jaghonde: Afgaanse honde, rifrugte, windhonde, worshonde, Franse dashonde, Ierse wolfhonde en speurhonde (beagles).
  • Terriërs: bulterriërs, staffies, Skotse terriërs, Westies, Airedale-terriërs, foksterriërs, steekhaar-foksterriërs, cairn-terriërs en Amerikaanse veghonde.
  • Speelhonde: dwergkese (toy poms), pekinese; miniatuur-dobermann-pinschers, mopshonde, Maltese poedels, speelgoedhonde (papillons), Yorkshire terriërs, Kavalier-spanjoele en sjarpeis.
  • Werkhonde: Duitse herdershonde, dobermanns, rottweilers, boksers, Siberiese poolhonde, eskimohonde en kettingboele.
- Kathy Clayton: kcdogs@global.co.za of www.kcdogschool.co.za, Christine van der Westhuizen: www.sadtc.co.za of www.caninecountryclub.co.za.





 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.