Twiets vlieg ver voor res se nuus

2012-02-15 06:00

Terwyl kenners wag om te sien of Twitter ’n groot mylpaal gaan haal, het dié sosiale netwerk hierdie week weer daarin geslaag om eerste met die nuus te wees.

Kenners voorspel Twitter gaan teen die einde van vandeesmaand die 500 miljoen-mylpaal haal.

Daar is nou ongeveer 465 miljoen gebruikers. Dit beteken dié diens voeg elke sekonde 11 nuwe gebruikers by sy getalle.

Hoewel Twitter nie naastenby met dieselfde getal gebruikers as Facebook spog nie, is Twitter se relevansie as sosiale netwerk onlangs weer met die dood van Whitney Houston bewys.

’n Twiet van @ajadiornavy oor die sangeres se dood is uitgestuur 40 minute voordat die hoofstroommedia aanlyn daaroor kon berig.

Hoewel dit sekerlik nie altyd ’n akkurate nuusbron is nie, is dit doeltreffend. ’n Twiet oor so ’n gebeurtenis word deur die volgelinge van ’n sekere rekening weer getwiet en kan binne sekondes wêreldwyd versprei.

So was Twitter ook ’n toonaangewende rolspeler in laas jaar se protesoptrede deur jong mense in Egipte. Dit het daartoe gelei dat dié land se leier, oudpres. Hosni Moebarak, ná 30 jaar in beheer bedank het.

Maar in die vinnig veranderende wêreld van tegnologie is niks ooit seker nie. Die netwerk wat vandag die toonaangewende een is, is dalk môre uitgedien. En nuwe mededingers klop voortdurend aan die deur.

“Twitter is soveel meer as net ’n sosiale netwerk,” het sy mede-stigter, Jack Dorsey, onlangs gesê in reaksie op die internet-reus Google se Google+, wat as mededinger vir Twitter en Facebook beskou word.

“Ons hou onsself besig om Twitter uit te brei en het nie tyd om bekommerd te wees oor nuwelinge nie,” het Dorsey gesê.

“Die ‘sosiale’ deel is net een kant van wat ons doen. Ons sien Twitter meer as ’n inligtingsdiensverskaffer.”

Hy het dié netwerk as ’n persoonlike nuusdiens beskryf.

“Jy hoef glad nie self twiets uit te stuur nie, maar jy kan volg wat in die wêreld aangaan op die oomblik dat dit gebeur.”

Met Twitter se miljoene gebruikers is dit te verstane dat beleggers angstig dat dié maatskappy op die aandelebeurs genoteer word.

Tog is daar diegene wat sê Twitter het nog nie bewys hy kan geld maak nie.

Maar volgens Dorsey is adverteerders gretig om hul twiets en rekeninge te bemark.

“Ons werk al ’n geruime tyd aan ons sakeplan en dit wérk,” het hy gesê.

Twitter het laas jaar na raming $140 miljoen (sowat R1,1 miljard) verdien. 


binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.