So slim as wat hulle eet

2012-02-01 06:00

Fronse, verontwaardiging en ongeloof.

Dís wat klein Cornell Grobler begroet het toe dié gr.1-leerling van Potchefstroom onlangs nee gesê het vir koek by die skool.

Sy weiering was nie om dowe neute nie: hy is Suid-Afrika se beste o.8-skaakspeler.

Sy afrigter, Chris Greyling, meen dis grootliks daaraan toe te skryf dat Cornell vanweë gesonde eetgewoontes vir sy ouderdom uitsonderlik goed kan konsentreer.

Greyling, ’n Potchefstroomse skaakafrigter wat al verskeie jong kampioene na glorie gelei het, wy daarom ’n groot gedeelte van sy boek Skuif na prestasie aan die belangrikheid van dieet vir konsentrasievermoë.

Dis veral vir skaakspelers belangrik omdat ’n spel etlike uur kan duur. Greyling was deur die jare nou betrokke by die stigting van verskeie skaakklubs en -unies en die reël van kompetisies.
In 1998 was hy kaptein van Suid-Afrika se vrouespan wat in Rusland aan ’n internasionale skaakolimpiade deelgeneem het.

Internasionale studies toon skaak hou baie voordele in vir kinders, skryf Greyling in Skuif na prestasie.

Dit verhoog intelligensie, verbeter probleemoplossing en besluitnemingsprosesse, leesvaardigheid, geheue, taal- en wiskundige vaardighede.

Dit kweek ook kritiese, kreatiewe en oorspronklike denke en bevorder logiese denke.

EET REG
“Ek het gesien skaakspelers wat die regte dieet volg, presteer optimaal,” skryf Greyling.

Net soos die voordele van skaak veel verder strek as bloot die spel, meen Greyling dieet kan ’n kind se prestasie op elke lewensterrein verbeter.

Prof. Salomé Kruger van die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus meen een van die belangrikste aspekte in ’n kind se dieet is dat dit volhoubare energie moet voorsien sodat die bloedsuikervlak nie tussen uiterstes wissel nie.

Elke maaltyd moet koolhidrate bevat omdat dit energie (ook aan die brein) verskaf, maar verkieslik onverfynde koolhidrate soos hawermout en volgraanprodukte wat stadig verteer en in die liggaam vrygestel word. Kos met ’n lae-glukemie-indeks wat die bloedsuikervlak laat stabiliseer is ook belangrik.

Dr. Wilma Steenkamp, ’n medikus, verduidelik in ’n artikel in Skuif na prestasie dat kinders hiperaktief word, hul konsentrasievermoë verswak en hulle moeg, huilerig of geïrriteerd kan raak as hul bloedsuikervlak nie stabiel is nie.

Die regte eetgewoontes verbeter kinders se konsentrasievermoë, geheue, leervermoë, taalvaardigheid, intelligensiekwosiënt (IK), emosionele stabiliteit, koördinasievermoë en hul ervaring van geluk en algemene gesondheid.

Kruger beveel aan as ’n mens nie onverfynde koolhidrate kan vermy nie, kan jy die glukemie- indeks daarvan verhoog deur lae- glukemie-indekskos soos vrugte by te voeg of proteïen soos eiers, vis of kaas te eet. “Melk bevat ook proteïen en suiker wat stadig vrygestel word.”

Kruger beklemtoon kinders moet ontbyt eet en tussen elke maaltyd gesonde, lae-glukemiese versnaperings geniet.

“Kinders kan nie net drie keer per dag eet nie omdat hul maag klein is.”

ALLERGIEË
Steenkamp raai ouers aan om kosallergieë uit te wys omdat dit breinfunksionering kan benadeel.

Greyling sê een van sy skaakleerlinge het gesukkel om sy potensiaal te bereik omdat hy nie langer as ’n uur kon konsentreer nie. Nadat hulle vasgestel het hy is allergies vir talle kosse en sy dieet aangepas is, het dié speler die Suid-Afrikaanse- en Afrika-kampioen in sy ouderdomsgroep geword.

- Vir meer inligting oor Skuif na prestasie bel Greyling by 083 277 7220 of stuur ’n e-pos aan chrisclgreyling@gmail.com.


Skaak maak kinders slimmer, maar die regte dieet ook?… Gesonde kos is ’n belangrike faktor in kinders se prestasievermoë, meen kenners.
Foto: GETTY IMAGES, THINKSTOCK

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.