’n Mens is nooit te oud vir enigiets

2011-12-21 02:26

Dit is een van die grootste mites van ons tyd: “Jy is te oud om dit te doen.”

Te oud om ’n rekenaar te bemeester. Te oud om saam met jou kleinkinders bal te skop. Te oud om te werk.

Bog, sê me. Annie Coetzee, motiveringspreker, skrywer en direkteur van Creative Brain Management. Moenie jouself beperk tot ’n ouderdom wat jou identiteitsnommer bepaal nie.

Jy is so oud soos jy voel en die kernwoord, sê Coetzee, is energie en daarmee saam ’n positiewe ingesteldheid.

Die krag van vreugde
Coetzee en dr. Anton Janse van Rensburg, ’n mediese dokter met ’n belangstelling in natuurlike geneesmiddels vir moderne siektes, het onlangs ’n slypskool in Pretoria aangebied oor fisieke en geestelike welstand en hoe om ’n lang lewe te geniet.

“Gevoelens is chemikalieë en chemikalieë is gevoelens,” sê sy.

Jou lyf reageer op positiewe denke... én op negatiewe gedagtes.

Die vier algemeenste negatiewe gedagtegroepe is volgens haar intense woede, opgekropte emosies, weerloosheid en ’n gebrek aan intimiteit teenoor jou lewensmaat.
Volgens Coetzee is bekommernis en blaam “gif vir die liggaam” en moet ’n mens die krag van vreugde gebruik. “Jy kan nie ’n geheim vir jou immuunstelsel wegsteek nie. Jy kan dit nie vir jou lyf wegsteek as jy depressief is nie.”

Daardie geluk lê opgesluit in die najaag van jou drome. “Leer oor jou sterkpunte en herskep jou lewe om dit – veral as jy oud is. Dit skep kreatiewe energie – een van die kragtigste dinge wat daar is.”
Coetzee tree as lewensafrigter op en van haar kliënte is al ver oor die 80 jaar, maar het meer energie as lewensmoeë middeljariges.

“Ouderdom maak net saak wanneer daar van kaas gepraat word,” spot Coetzee.

Fonteine van jeug
Janse van Rensburg sê elke mens het “fonteine van jeug” wat wag om geaktiveer te word.

Daardie “fonteine” is die selle in ’n mens se liggaam wat strukture vorm wat die endokriene stelsel vorm.

“Vrye radikale oksideer daardie selle en word deur antioksidante teengewerk. Die geheim lê in die verkryging van balans tussen vrye radikale en antioksidante.”

Die vyande van antioksidante is angs, rook, vuil lug, swaarmetale, vuil water, ultravioletstrale en swaar geoksideerde kosse.

“Neem beheer van wat jy eet. Let vir ’n slag op hoe jy voel 20?minute nadat jy geëet het,” sê Janse van Rensburg. Omdat mense verkeerd eet, is baie van hulle volgens hom “dikgevreet, maar wangevoed”.

Weg met weeg
Janse van Rensburg glo in die krag van vitamien C en die regte olies en vette.

Hy verkies botter bo margarien en glo in die voordele van koudgeparste suiwer olyfolie, maar maan mense om matigheid voor oë te hou.

Te veel suiker stimuleer die vervaardiging van die hormoon kortisool, wat veroudering meebring.

“Eet rou organiese groente en vrugte, neem aanvullings en bewéég.”

Hy meen ook “dit is dom” om jouself te weeg. “Jy weeg álles – van jou knieskyf tot die water wat jy gisteraand gedrink het. Meet liewer die omtrek van jou middel en laat jou liggaam se vetpersentasie af en toe profes-sioneel meet.”

Janse van Rensburg sê mense moet hul kinders leer om “oorvloed in matige hoeveelhede” te eet. Hy gee byvoorbeeld eerder vir sy kinders drie blokkies donkersjokolade wat uit 70% kakao bestaan as drie plakke melksjokolade.

Daardie skildklier...
Janse van Rensburg sê ’n mens moet ook bewus wees van die hormone – waaronder testosteroon, estrogeen en insulien – wat deur die endokriene stelsel vervaardig word.
Veral vroue is bewus van die gevolge van ’n ooraktiewe of onaktiewe skildklier.

Janse van Rensburg sê ’n enkele traumatiese gebeurtenis kan jou skildklier “tot onaktiwiteit skok”.

Skildklierprobleme maak mense “vet, hartseer, moeg en honger” omdat dit ’n insulien-probleem veroorsaak.

Een van die grootste deurbrake op dié gebied is volgens Janse van Rensburg ’n eenvoudige toets waarmee vasgestel kan word of jy ’n skildklier-probleem het. “Dit is een van die mees algemene behandelbare toestande. Vra jou dokter uit oor Wilson se liggaamstemperatuurtoets,” is sy raad.

Janse van Rensburg glo die geheim van gesonde veroudering lê alles in balans – ’n gebalanseerde eetplan en genoeg oefening.

“Vermy angs, ’n hoëkalorie-dieet en groot etes. Bly weg van kos met ’n hoë glukemiese indeks. Waak teen langtermyn-medikasie en te veel pille. En kies ’n dokter wat bereid is om na alternatiewe te kyk!”

-Pols-


Moenie dat ouderdom jou lewenslus kniehalter nie. Foto: Getty Images/Thinkstock


binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.